Erfenisskepping en navorsing

Authors

  • Prof. Julie Parle

Keywords:

Erfenisskepping en navorsing, bewaringspraktyk, historiese navorsing, Historiese Studies, Historia archive vol 47 n0 2 2002

Abstract

Die terrein van historiese navorsing bestaan uit die wetenskaplike ondersoeke deur vakwetenskaplikes,maar toenemend ook uit die werk van ‘n veskeidenheid erfeniskundiges. In Junie 2002 het die Suid-Afrikaanse Historiese Genootskap by die Randse Afrikaanse Universiteit,in samewerking met die Universiteit van Fort Hare, ‘n konferensie van buitengewone belangrikheid aangebied oor die tema Erfenisskepping en navorsing: die herstrukturering van Historiese Studies in Suidelike Afrika. In hierdie uitgawe van Historia word van die referate in aertikelvorm gepubliseer. Daarin word veral op die wisselwerking tussen erfenis en Geskiedenis ingegaan. By uitstek word gewys op die verwantskap tussen Geskiedenis as dissipline en historiese bewussyn, soos wat dit gestalte vind in die optrede van mense, monumente en bewaringspraktyk van die nasionale biblioteek. Daar is ook bydraes wat die verhelderende perspektief van mondelinge bronne tot historiesenavorsing uitlig, terwyl drie bydraes diefisiese natuurerfenis as wesenlikekomponent van die dissipline van Geskiedenis onderstreep. Die oogmerk met die artikels is om die besinning oor die veelvuldige dimensies van Historiese Studies onder die aandag te bring van vakwetenskaplikes,sowel as erfenispraktisyns en om toekomstige navorsingsamewerking te bevorder.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Editorial