Die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap se rol ten opsigte van politieke mobilisering in die aanloop tot ƌ nuwe Suid-Afrika, 1980-1992

Authors

  • Grietjie Verhoef
  • Salomon Hoogenraad-Vermaak

Abstract

Die toenemende erodering van apartheid as politieke beleid in die 1980's het die Suid-Afrikaanse gemeenskap met nuwe moontlikhede gelaat om oor kultuur- en rasgrense heen alliansies te vorm vir die beskerming van hulle belange. Sakelui as belangegroep het ook op politieke verandering gereageer deur 'n sterker politieke rol aan te neem en openlik teen apartheid te mobiliseer. Hierdie artikel wil 'n oorsig oor die reaksie van die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap in die 1980's verskaf deur die kohesie van sakelui te analiseer en die motiewe vir hulle politieke ontwaking te ondersoek. Die stigting van die Consultative Business Movement (CBM) word as mobiliseringsmeganisme van Suid-Afrikaanse sakelui belig, deur die filosofiese grondslag daarvan te ontleed, maar ook op die reaksie van Suid-Afrikaners op die stigting daarvan te wys en die doelwitte, dryfvere en werking daarvan te ontleed. Die doel van die artikel is om aan te toon dat sakelui tot so 'n mate kon verenig dat hulle deur middel van die CBM 'n redelike invloed kon uitoefen om hulle belange tydens die politieke oorgang te beskerm. Laastens word die politieke rol van die CBM geëvalueer. Die afsnydatum van die artikel is 1992, toe die Rekord van Verstandhouding onderteken is. Dit word algemeen beskou as aanvaarding dat 'n nuwe politieke bestel hierna onderhandel sou word.

Downloads

Published

2021-04-19

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap se rol ten opsigte van politieke mobilisering in die aanloop tot ƌ nuwe Suid-Afrika, 1980-1992. (2021). Historia, 55(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/924