“ʼn Onselfstandige gesin beteken ʼn onselfstandige volk”: Organiese nasionalisme en die amptelike gesinsbeleid van die Ossewa-Brandwag

Authors

  • Charl Blignaut
  • Kobus du Pisani

Keywords:

Ossewa-Brandwag, Afrikanernasionalisme, organiese nasionalisme, gendergeskiedenis, H.G. Stoker, N. Diederichs, P.J. Meyer, gesin, vroue

Abstract

Die Ossewa-Brandwag (OB) was ʼn Afrikanernasionalistiese massa-organisasie wat vanaf 1939 tot 1954 bestaan het. Die beweging is gekenmerk deur ʼn uiters sterk ideologie wat Afrikanernasionalisme met nasionaal-sosialistiese gedagtes verbind het. Die konsep volk het ʼn beduidende invloed op OB-lede uitgeoefen. Gewapen met ʼn sterk Calvinistiese ordeningsbeginsel het die ideologie van die OB die idee uitgedra van “organiese volkseenheid” wat die Afrikaner voorgestel het as deel van ʼn
volksorganisme. Alhoewel daar al enkele studies gepubliseer is oor die ideologie van die OB is daar nog nooit indringend gelet op die leierskap en Afrikanerdenkers se gebruik van die “organiese” metafoor teen die agtergrond van die heersende intellektuele milieu nie. Voorts bestaan daar geen gepubliseerde studie wat die verband tussen organiese volkseenheid en die amptelike gesinsbeleid uitwys nie. Hierdie artikel stel dit ten doel om die oorsprong en invloed van die organiese gedagte op OB-beleid na te speur asook om die leemte te vul wat betref ʼn ontleding van die OB se gesinsbeleid. Daar word bepaal watter rol die gesin gespeel het in die beweging se doelwitte en samelewingsideaal. Dit is duidelik dat in lyn met die organiese volksgedagte, die idee van die gesin ʼn kardinale rol gespeel het in die OB se doel om die samelewing te omvorm en daarmee saam is die rol van die vrou in hierdie verband by uitstek beklemtoon as integraal tot die sukses van OB-doelstellings.

The Ossewa-Brandwag (OB) was an Afrikaner nationalist mass movement that existed from 1939 to 1954. The organisation was characterised by a particularly strong ideology which sought to combine Afrikaner nationalism with national-socialist ideas. The concept of “volk” had an important influence on the members of the OB. Armed with a strong Calvinist orientation, the ideology of the OB carried within itself the ideal of the “organic unity of the nation” which saw the Afrikaner as being part of an organism of the volk. Although a few studies have been published on the ideology of the OB, the use of the “organic” metaphor by leaders and Afrikaner intellectuals, against the backdrop of the reigning intellectual milieu, has never been analysed. Furthermore, no
published study exists that focuses on the relationship between the organic unity of the nation and the movement’s official family policy. This article aims to fill this gap by tracing the origin and influence of the organic idea on the official policies of the OB
– especially on its family policy. The focus is placed on the role the family played within the organisation’s aims and its ideal for a new society. It is evident that in line with the idea of the organic volk, the idea of the family played a crucial role in the OB’s aim to reform society; also emphasised is the importance of the role of women as vital for realising the aims of the movement.

Downloads

Published

2021-04-19

Issue

Section

Articles

How to Cite

“ʼn Onselfstandige gesin beteken ʼn onselfstandige volk”: Organiese nasionalisme en die amptelike gesinsbeleid van die Ossewa-Brandwag. (2021). Historia, 63(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/776