De Zuid-Afrikaan se kommentaar op vraagstukke rakende bruin en swart mense in die Kaapkolonie tydens die redakteurskap van J.H. Hofmeyr (1871–1883)

Authors

  • Pieter De Klerk

Keywords:

Kaapkolonie, bruin mense, stemreg, arbeidsvraagstukke, J.H Hofmeyr

Abstract

In die laat negentiende eeu was Jan Hendrik Hofmeyr (1845-1909) die leidende figuur in die Afrikanerbond, 'n prominente politieke party in die Kaapkolonie wat die belange van die blanke Afrikaanssprekende inwoners bevorder het. Hy was van 1871 tot 1883 ook redakteur van die Nederlandstalige koerant De Zuid-Afrikaan en sy beskouinge oor vraagstukke wat die bruin en swart inwoners van die kolonie raak kom in die redaksionele kolomme na vore. Die blad se standpunt rakende stemreg, militere diens, arbeid, onderywys en die regeringsbeleid teenoor die swart mense in die oostelike grensgebeid van die kolonie word in hierdie artikel bespreek. Om die probleem van arbeidstekorte op te los het Hofmeyr die invoer van werkers uit Indie, China en gebeide aangrensend aan die Kaapkolonie bepleit. Hy het hom aangesluit by die sogenaamde Kaapse liberale tradisie wat betref stemreg en die opname van die inheemse bevolking in die gedeeltelik verwesterste samelewing van die kolonie. In die jare van sy redakteurskap was hy ten gunste daarvan dat 'n groot aantal Europese immigrante asook bruin mense uit die Wes-Kaap in die oostelike dele van die kolonie gevestig word ten einder die proses van verwestersing van die swart inwoners te bespoedig.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

De Zuid-Afrikaan se kommentaar op vraagstukke rakende bruin en swart mense in die Kaapkolonie tydens die redakteurskap van J.H. Hofmeyr (1871–1883). (2021). Historia, 61(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/682