Wanneer het die Trichardt-trek begin?
Keywords:
Trichardt, Louis, Trichardt-trek, Great TrekAbstract
Louis Trichardt was 'n paar jaar voor die werklike aanvang van dieGroot Trek reeds oor die destydse grense van die Kaapkolonie. In 1829bet by horn die gedagte ontstaan dat erens oor die oosgrens 'n vreedsameplek mag wees waar hy 'n gelukkige tuiste kon vind. Met hierdie doel vooroe bet hy Carolus, sy oudste seun, met 33 perde, 1,200 beeste en 8,000skape oor die grens gestuur om grond te verkry. Carolus bet 12,000 morgeaan die Witkeirivier naby die Tsomoberg vir 99 jaar van Hintsa gehuur.In Julie 1833 was Louis Trichardt DOg in die Somersetse distrik en bet hornwaarskynlik in die laaste helfte van 1833 by Carolus gaan voeg.l DieTrichardt.familie moes teen die lente van 1834 DOg langs die Witkeigewees bet, want volgens 'n verklaring van die siviele kommissaris vanAlbanie op 12 September 1834 bet daar enige dae tevore 'n Boesmanslaafaangekom wat voorheen die eiendom was van Louis Trichardt -,,'n boerwat onlangs die Kaapkolonie verlaat bet en tans woonagtig is Ran dieWitkei in Kafferland".