Die gevangeneming van Winston L.S. Churchill op 15 November 1899
Keywords:
Winston Churchill, Staatsmodelschool, The Morning Post, Estcourt, PretoriaAbstract
Die gevangeneming van die spesiale korrespondent van The MorningPost, Winston Churchill, bet in die verlede reeds 'n groot aantal penne inbeweging gebring. Onlangs is weer die aandag op Churchill gevestig naaanleiding van die onthulling van 'n gedenkplaat deur die H.M.K. aan dieStaatsmodelschool te Pretoria. Ofskoon hierdie gebou allereers sy belang-rikheid ontleen aan die feit dat dit 'n belangrike historiese monument metbetrekking tot die onderwys van die Zuid-Afrikaansche Republiek is, is ditook nog van belang met betrekking tot Churchill, aangesien hy 'n tydlank,saam met 'n aantal Britse offisiere en 'n aantal verdagte burgerlike persone,in di~selfde gebou gevange gehou is.Ten einde ruimte te bespaar, word slegs terloops na Churchill se eiemededelings in die verband, so os te vinde in London to Ladysmith viaPretoria, My Early Life en die Nederlandse vertaling daarvan, Mijn jongejaren, verwys. Hoofsaaklik is argiefstukke gebruik wat meeT lig op dieaangeleentheid werp en 'n aantal besonderhede wat aan De Volksstemvan 1899 ontleen is.