Die wedervarings van 'n oud-onderwyser tydens die Tweede Vryheidsoorlog : 1899-1902 : II
Keywords:
Tugelariver, Battles, Anglo-Boer war, Ladysmith, PlatrandAbstract
Terdee bewus van die ontsagwekkende oormag wat die Britse bevel-voerder in Ladysmith tot sy beskikking bet, kon ons, wat nou vir dieeerste keer met die naakte werklikheid van oorlogsvoering kennis maak,sonder skroom verklaar dat by lye 'n diepgevoelde angs, ons in die begin-stadium van die beleg so af en toe in 'n wurggreep vasgevat bet. Van-waar ons in die reeks rante in een van die voorste rye van die gevegslinieposisie ingeneem bet, was die afstand na die buitewyke van die beleerdedorp, waar die vyand met dodelike wapens in die hand agter verskansteposisies verskuil gel& bet, in die verbeelding van sommige, 'n my I of watkorter as wat dit in werklikheid was. 'n Aanstormende vyand met 'ngevelde bajonet, is 'n beeld wat horn alte maklik in 'n vreesbevange hartopgedring bet.Behalwe ligte skermutselings tussen die gewapende afdelings van dieteenoormekaarliggende stellings, of wanneer patrollies op 'n vyandelikemag afgekom bet, bet die botsing in die daaropvolgende weke hoofsaakliknet nit 'n volgehoue bombardement op die versterkte posisies van diebeleeraars bestaan. Die kanonnade van ons Long Tom en ander geskutbet die batterystellings en posisies van die vyand natuurlik ook herhaaldelikwakkergeskud. Terselfdertyd moes sekere dele van die dorp wat beskuttingaan die Engelse troepemag verleen bet en binne trefafstand van die LongTom was, ook dikwels die teistering van neerstortende bomme verduur.Die omknellende greep van 'n nousluitende mag wat met 'n menigteontberings, siekte en 'n daaglikse aantal sterfgevalle gepaard gegaan bet,was 'n ervaring wat die inwoners van Ladysmith in die gesig gestaar bet.Ten spyte egter van alles wat plaasgevind bet, kon dit nie dien as 'ngenoegsame aansporing vir die Britse bevelvoerder in Ladysmith, om ineen oorweldigende stormloop die Boeremag om horn been te pletter teloop nie.