Die grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek
Keywords:
Uys, Dirkie, Commandos, Piet, GravesAbstract
Dit is duidelik dat die Boere wat twaalf dae later aan Owen en dieander Engelse van Port Natal van die geveg naby Dingaanstat vertel bet,nie saam met Uys was, toe hy en Dirkie claar gesneuwel bet nie. Dieindruk wat bulle gelaat bet, was dat hulle saam met die ander sewe manwas wat claar in die poort by die rotsmuur geval bet.Volgens 'n verklaring deur wyle Tant Annie Martens van Grey townaan skrywer hiervan, bet haar grootvader, Philip Nel, die eerste landdrosvan Pietermaritzburg, wat saam met Uys was, aan haar vertel hoedatDirkie reeds uit die gevaar was, toe hy omgedraai bet om saam met syvader te sterwe. Volgens haar jonger broer Hansie, was hy (Dirkie) reedsdie berg uit. Coetser verklaar weer dat die kommando van Uys nog totonder die berg geveg bet, onderwyl Dirkie gesneuwel bet. Hattingdaarenteen, verklaar dat Uys, as gevolg van 'n dodelike wond, stadig agterdie ander aangekom het, maar agtergelaat moes word. Dirkie bet geweierom sy vader te verlaat en is gevolglik saam met horn gedood. Op die sketsvan die slagveld wat hy vir Ode, die geskiedskrywer, geteken het, duiHatting die plek met 'n kolletjie aan waarby die naam Piet Uys geskryfis. Hy was nie self teenwoordig nie, maar moes die gegewens gekry betterwyl die Wenkommando op Vaalkop gelaer was, vanwaar hy die slagveldkon sien. Hy bet destyds 'n dagboek gehou. Op hierdie skets word ook diekop waaroor die Boere getrek bet, die kloof waarin die derde Zoeloe.kommando hulle versteek bet, die halfsirkelvormige rante met die dubbelespruit in die poort, die plek by die spruit waar bulle hul handperde agterge.laat bet en die kliprant waaronder Uys geval bet, aangedui. Sonder hierdieaanduiding sou ons die grafte van Piet en Dirkie Uys, sowat 1,000 treebokant die poort, nie gevind bet nie. Hatting is dieselfde man wat destydsdie graf van Piet Retief en sy mense aangewys bet