Dinuzulu en sy raadgewers : 'n vroeë besoek aan die jong Zoeloekoning
Keywords:
Watkins, King, Missionaries, Dinizulu, ZuluAbstract
Die Zoeloekoning Dinuzulu het aan die begin van hierdie eeu 'n aan.sienlike'rnate van berugtheid verwerf as gevolg van sy aandeel aan dieZoeloe-opstand van 1906 en die hofsaak waarin hy daardeur betrokkegeraak het. Dit is gevolglik insiggewend orn te let op die getuienis van'n persoon wat horn kort na die aanvaarding van sy koningskap besoekhet en 'n gang ander prentjie van horn voorhou as die van die oproerrnakervan later jare. Dit is die beeld van die jong Zoeloekoning wat op daardietydstip nog totaal onervare was en hoofsaaklik op sy raadgewers gesteunhet.Die aanvang van Dinuzulu se koningskap bet saamgehang met dietotstandkoming van die sg. "Nieuwe Republiek". Die volgelinge vanCetshwayo bet gedurende die onluste van 1883 die hulp van blankes ingeroepom die orde in Zoeloeland te herstel. 'n Aantal Boere uit Transvaal betdaarop die grens oorgesteek en Dinuzulu na die dood van Cetshwayo in1884 gehelp om die opstandige Usibepu te verslaan. Dinuzulu is deurdie Boere-vrywilligers tot koning gekroon en hy bet op sy beurt 'n grootstuk grond aan bulle geskenk waarop die Nuwe Republiek tot stand gekombet.Nie lank na die beeindiging van die onluste in Zoeloeland Die hetdie Wesleyaanse Sendinggenootskap besluit om 'n sendingaksie in hierdiegebied te onderneem. Eerw. Owen Watkins, 'n Transvaalse sendeling, isdaarheen gestuur om die moontlikhede van evangelisasiewerk te onder-soek. Watkins het noukeurig in sy dagboek aangeteken wat hy van dagtot dag ervaar het en hierdie gegewens werp 'n interessante lig op dieomstandighede in die destydse Zoeloeland.Die sendeling het Vryheid op 10 Februarie 1886 bereik, waar hy diepresident van die Nuwe Republiek, Lucas Meyer, ontmoet het en aanhorn die doel van sy reis meegedeel het. Laasgenoemde het geeD beswaargeopper Die; indien Dinuzulu tevrede was, kon die Wesleyane maarsendingwerk doen in Zoeloeland. Meyer het aan Watkins self 'n geleide-brief gegee, waarin hy gekonstateer het wie hy was en waarom hy deurdaardie gebied wou reis. Nogtans het die sendeling getwyfel of die Boerehorn werklik vertrou. Terwyl hy DOg op Vryheid vertoef, skryf hy aan 'nvriend: ,,1 confound these Boers, because I tell them at once all I wantto do in the country and they don't know what to make of it -they havean uneasy feeling that I have some deep laid scheme, which I have keptsecret."