Verandering - 'n historiese wet
Keywords:
Laws in History, Change, Historical philosophyAbstract
Dit is natuurlik vanselfsprekend om te se dat die historikus se studie.veld die verlede is. Hy rig sy aandag op die verlede wat clan die terreinvan sy wetenskaplike arbeid word. Die feit dat die historikus sy aandagop die "verlede" as studieveld kan vestig, onderstreep die feit as vanself-sprekend dat die "verlede" nie "he de" kan wees nie. Ofskoon die "ver-lede" uit die "hede" geinterpreteer word,1 en dus omdat die "hede" in'n voortdurend vloeiende toestand binne die raamwerk van tydgerigtheidis,2 die "verlede" voortdurend herinterpreteer word, kan die verlede aswerklikheid nooit absoluut benader word nie.Die "verlede" as aktualiteit is iets anders as die "hede"; dit iswat verby gegaan bet en ofskoon onherroeplik in die sand van die tydverdwyn bet, tog bestaan bet sodat die he de daaruit kon ontstaan. Dieverlede kan nie hede wees nie, anders bet ons geen geskiedenis nie, maar'n voortdurende toestand van ekwilibrium wat eintlik wesentlik onmoont-lik is omdat dit empiries net nie 'n indenkbare toestand is dat die mensop die aarde so kan wees nie. Dit kan 'n drang by horn wees om syhistorisiteit, d.w.s. sy veranderlikheid binne die raamwerk van tyd teontvlug en 'n mens kan wel se dat die mens se voorstelling van 'nnadoodse hiernamaals historiese tyd, d. w .s. fisiese tydsberekening watoud word en verloop en gevolglik verandering met al sy samevallendemens like kommer en gevoel van nood inhou, laat verdwyn