Die ontstaan, nut en gebruik van bronnepublikasies

Authors

  • A.J. Bo�seken

Keywords:

Theal, Archival sources, South African archival records

Abstract

Een van die erkende pligte van 'n moderne Staat en van 'n goed. geordende Argief bestaan daarin dat hy sy belangrikste bronne die lig laat sien denT bronnepublikasies te publiseer. Veral die oudste bronne wat dikwels denT historici geraadpleeg word, is denT gedurige hantering onderhewig aan slytasie. Die publikasie van dokumente kan baie doen om hierdie slytasie tot 'n minimum te beperk. .In ons eie land is die noodsaaklikheid van bronnepublikasie reeds vroeg besef. Reeds in 1876 het die destydse Argiefkommissie in hul rapport by die regering aanbeveel dat "your Commissioners are of opinion that some of the records are of sufficient public interest to justify their publication at the public expense under the direction of a competent person to be appointed by the Government for the purpose"} Volgens hierdie aanbeveling is toe handelend opgetree. In die daaropvolgende jare het H. C. V. Leibbrandt as "Keeper of the Archives" en G. McCall Theal, wat later as "Colonial Historiographer" aangestel is, begin met die voorbereiding van bronnepublikasies. Theal was eerste op die mark met sy Abstracts of the Debates and Resolutions of the Council of Policy at the Cape from 1651-1687 wat in 1881 die lig gesien het en denT Saul Solomon gedruk is. Theal het dit 'n kompilasie genoem, wat in die vorm van 'n indeks opgestel was met die doel om navorsing in die Argief te vergemaklik. Op die titelblad het hy laat druk "Prepared by George M'Call Thea} while Keeper of the Archives"

Downloads

Published

2021-07-11

Issue

Section

Articles