Besluite van die Geskiedenis-vakkonferensies gehou te Bloemfontein, Bethlehem en Welkom, Junie-Augustus 1964

Authors

  • Jabulile Ntuli

Keywords:

Examination, History as school subject, Evaluation, History teaching

Abstract

In medewerking met die O. V .S.O. V. en met die steun van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika het die Departement Geskiedenis van dieV.O. V.S. drie afsonderlike vakkonferensies vir Geskiedenis-onderwysers aan die Vrystaatse Hoerskole te Bloemfontein van 5 tot 6 Junie, te Bethlehem van 15 tot 15 August en te Welkom van 28 tot 29 Augustus 1964 bele. Die konferensies is onderskeidelik deur 56, 20 en 26 onderwysers,d.w.s. altesaam 102, bygewoon. Die konferensie te Bloemfontein is ook deur 22 V.O.D.-studente in die Metodiek van Geskiedenisonderrig bygewoon, terwyl mnre. .1. C. Steenkamp en D. J. Coetzee, Inspekteurs van Onderwys, die volle konferensie te Bethlehem bygewoon het. Te Bloemfontein is die konferensie deur mnr. W. J. Coetzee, Inspekteur van Onderwys, geopen en gedeeltelik bygewoon. Die Konferensie te Welkom is deur mnr. S. G. Pretorius, Inspekteur van Onderwys, geopen en gedeeltelik bygewoon. Die Bethlehem-konferensie is ook deur die voorsitter van die Historiese Genoot-skap van Suid-Afrika, dr. .1. J. van Tonder, Inspekteur van Skole in Transvaal, bygewoon. 'n Opvallende verskynsel was ook die groot aantal skoolhoofde wat as waarnemers die konferensies bygewoon het. Op al drie die konferensies was die besprekings besonder geesdriftig en openhartig. Al die besluite wat hieronder volg, is slegs deur Geskiedenis-onderwysers geneem. Die volgende referate is gedurende die konferensies gelewer.

Downloads

Published

2021-07-11

Issue

Section

Articles

How to Cite

Besluite van die Geskiedenis-vakkonferensies gehou te Bloemfontein, Bethlehem en Welkom, Junie-Augustus 1964. (2021). Historia, 10(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/3324