n President verpand sy besittings vanwee sy finansiele beleid

Authors

  • H.R. Van der Walt

Keywords:

Finance, Economics, Pretorius, M.W., McCorkindale, Alexander, South African Republic

Abstract

Sekere aspekte van die beleid van M, W. Pretorius, wat in Januarie 1857 gekies is tot eerste president van' die Suid-Afrikaanse Republiek, is goed bekend. Op politieke gebied bet hy horn onderskei deur sy hard-nekkige pogings om die Transvaal en die Oranje-Vrystaat onder een republikeinse vlag saam te snoer. Op ekonomiese gebied bet hy durf en daad aan die dag gele deur sy opvermoeide ywer om, ter bevordering van die handel, deur te breek na die see en 'n eie hawe vir sy vader land aan die Ooskus te bekom. Dis tragies in die loopbaan van hierdie staatsman dat hy so mill sukses behaal bet. 'n Mens wonder soms of die nageslag horn genoeg waardeer as grondlegger van die vernaamste Boerestaat in die neentiende cell. Ons wil bier kortliks stilstaan by die finansiele aspek van sy beleid wat ewe mill vrug opgelewer bet. Volgens die grondwet moes die president jaarliks 'n begroting van inkomste en uitgawe by die Volksraad indien. Daarin moes hy ook aandui hoe hy tekorte wou dek en oorskotte wou bestee. Die inkomste van die verskillende distrikte moes ook in die sentrale skatkis gestort en hul uitgawe daaruit betaal word. Solank as wat claar geen landsbank bestaan bet nie, moes die skatkis in die huis van die president gehou word.

Downloads

Published

2021-07-11

Issue

Section

Articles

How to Cite