Die ingebruikstelling van Papiergeld in die Suid-Afrikaanse Republiek
Keywords:
Paper money, Z.A.R., Economy, Tax, Transvaal, South AfricaAbstract
Dat die Transvaalse gemeenskap onder pioniersomstandighede groot ekonomiese probleme sou ondervind, is baas vanselfsprekend. Toe die uittog nit die Kaapkolonie omstreeks 1836 'H aanvang geneem bet, was die meeste Trekkers mill of meer redelik goed van kontantgeld voorsien. Die onbestendige lewe op die trekpad, die rusteioosheid en gebrek aan bestendigheid wat die volgende tien jaar of langeI baas elke Voortrekker se lot sou wees, bet meegebring dat voortdurend vir lewensonderhoud op die beskikbare kontant teruggeval moes word. Toe uiteindelik na jare van swerf weer 'n mate van bestendigheid in die gebied ten noorde van die Vaalrivier bereik is, bet die meeste mense oor nagenoeg geen kontantgeld beskik nie. In'n brief wat die Volksraad in 1851 aan Smellekamp gerig bet, word beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om vaste handelsbetrekkinge met die buitewereld op te bon. Om egter daartoe in staat te wees is geld nodig en tot sy leedwese moet erken word dat "voor velen onder ons is bet onmooglyk om zelfs Rd. 5 aan geld byeentebrengen".1 Die afgelee ligging van die Oor- V aalse gemeenskap met sy wak verbindingswee, was ook nie daartoe bevorderlik om handelaars aan te moedig om in groot getalle die gebied te besoek nie.Downloads
Published
2021-07-11
Issue
Section
Articles
How to Cite
Die ingebruikstelling van Papiergeld in die Suid-Afrikaanse Republiek. (2021). Historia, 10(4). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/3293