Adolph Coqui : geleerde swerwer

Authors

  • E.M. Sandler

Keywords:

Orange Free State, Harrismith, Adolph Coqui, Independence

Abstract

By die studie van die vroee Vrystaatse geskiedenis en veral by die van die onafhanklikheidswording van die O.V.S. kom die naam van Adolph Coqui telkens voor. Dat hierdie man 'n aansienlike bydrae tot die tot- standkoming van die Republiek gelewer bet, blyk clan ook baie duidelik by die deurlees van argiefstukke. Maar oor Coqui as persoon, bevat hierdie stukke uiters geringe inligting. Sy herkoms, sy verblyf in Suid-Afrika en sy einde en heengaan blyk in 'n wolk van geheimsinnigheid gehul te wees en in hierdie artikel word claar gepoog om 'n mate van helderheid oor sy lewe en loopbaan te verkry. Die onafhanklikheidsbeweging van die Vrystaat bet op Harrismith begin en hierin bet Coqui saam met P. M. Bester, Marius Cauvin en A. H. Stander 'n leidende aandeel gehad! Hy is aangestel in 'n kommissie om 'n ontwerp-grondwet vir die nuWe republiek op te stel en op 30 Maart 1854 word sy ontwerp saam met die van Groenendaal en Orren bespreek2 Dat ons bier met 'n buitengewoon merkwaardige persoon te make bet, blyk clan ook baie duidelik uit die volgende geskrifte wat lig werp op sowel sy karakter en bekwaamheid as op sy herkoms -wat tot vandag toe nog betreklik duister is aangesien Coqui tog klaarblyklik geen Voor- trekker was nie

Downloads

Published

2021-07-11

Issue

Section

Articles