Uit die briewe van Antony de Vletter, huisonderwyser, staatmaker in diens van die "Nieuwe Republiek", wildjagter, gouddelwer, eerste onderwyser en posmeester van Dullstroom (1882-1888)
Keywords:
Letters, De Vletter, Antony, BiographyAbstract
Antony de Vletter is op Nuwejaarsdag 1841 op Poortugaal, naby Rotterdam (Nederland) gebore. Sy grootvader was Willem de Vletter (1777-1860), sy vader Antony de Vletter (1811-1882). Hierdie Antony bet twee seuns gehad nl. Antony (1841-1896) en Hendrik Cornelis. Verwant aan hierdie De Vletters was Jacob de Vletter (1818-1872) wat bekendheid verwerf bet deur die De Vletter-oproer in Rotterdam en Johannes Servaas de Vletter (1827-1899). Die laasgenoemde was in 1864 op Bloemfontein woonagtig en was later, behalwe boekbinder, o.m. redakteur-uitgewer van die plaaslike blad "Express". Hy was getroud met mej. Maria Wilhelmina van Dam en is in 1899 op Wellington oorlede. Van hierdie tak van die De Vlettergeslag is vandag DOg afstammelinge in ODS land. Van Antony de Vletter is verder bekend dat hy op 15.2.1871 in die stadjie Schiedam met mej. Helena van den Berg getroud is. Antony was 'n liggaamsoefeningonderwyser en bet horn in 1876 in die hoedanigheid in die dorpie Monster (naby Den Haag) gevestig. Uit die egverbintenis is '11 dogter, Anna Maria, gebore wat in 1892 op Schiedam met mOl. A. L. Ritman in die huwelik getree is. In die verlede bet die skrywer slegs 'n paar keel op die van De Vletter Afgekom. In die "Hollands Weekblad voor Zuid-Afrika" (uitgawe van 24.3.1934, Pretoria), bet 'n artikel verskyn onder die opskrif "Landgenoten en andere, die ik gekend heb". In 'n tweetal bydraes bet "TOOll Weever" (mnr, Jac. Spoelstra) sy gedagtes laat gaan oor 'n aantal outydse inwoners van Vryheid (Natal) in die dae van die "Nieuwe Republiek" en daarin beskryf hy dat hy op 'n sekere Rand in 'n kroeg kennis gemaak bet met Antony de Vletter "een woest uitziend persoon, met een eenigzins door de Pokken of zoo geschonden gezicht, 't welk omringd was door een donker-blonde baard en daarboven een Boor a la Magiara; een Romeinsche Deus, een door de zoo verbrand gezicht, een nauwsluitend baadje op een mouw- vest gelijkende, rijbroek met roode kaplaarzen en in de rechter laarskap een kris of ponjaard". Na 'n nadere kennismaking met die vreemdeling bet Spoelstra ewewe tot die oortuiging gekom dat "zijn woest uiterlijk...alleen was wat deEngelschen zeggen skin-deep. Hij was een der zachtmoedigste menschendenkbaar en zijn gastvrijheid en hulpbetoon was spreekwoordelijk. "In dieselfde bydraes staan Spoelstra clan geruime tyd stil by die "Vryheidse tydperk" uit die veelbewoe lewe van De Vletter en kom hytot die gegiste uiteinde van De Vletter in Rhodesie, 'n gissing wat nie opwaarheid gegrond was nie. Mnr. J. H. H. Janson, van Dullstroom, het die skrywer opmerklikgemaak op 'n beskrywing van sy hand wat in mnr. A. P. van der Merwe se "Kort Geskiedenis van Belfast en Distrik" (Johannesburg, 1951) verskyn bet. Daarin verskyn besonderhede oor De Vletter as posmeester en onderwyser op Dullstroom en oor De Vletter as sekretaris van die eerste dorps- bestuur van hierdie nedersetting (1890). Besonder waardevol vir ODS was 'n afbeelding van De Vletter se skooltjie "Vlettershof", op Dullstroom (1891). Dieselfde geld vir mnr. Janson se lp~deling dat De Vletter, die eerste oud-leermeester van mnr. Janson, op Dullstroom oorlede is. Deur 'n toevallige sameloop van omstandightde bet die skrywer in 1960 en 1961 in besit gekom van 'n aantal fotografiese afdrukke van briewc wat tUggeD 1882 en 1888 deur Antony de Vletter uit CDS land Ban ongenocmde familielede in Nederland geskryf is. Hierdie briewe en brokstukke van briewe is deur mnr. A. de Vletter, van Greenford (Middlesex, England) in Nederland opgespoor. ODS is mnr. De Vletter dankbaar dat hy bereid was om die afdrukke beskikbaar te stel.