Die voorgeskiedenis van die "Ou" of Utrechtse Republiek, 1840 - 1856
Keywords:
Utrecht district, Z.A.R., Republic of Utrecht, UnificationAbstract
Die navolgende indeling kan help om 'n kursoriese perspektief te verskafvan die algemene ontwikkeling wat die Natalse dorpie, Utrecht, ondergaanbet en sal 'n begrip gee van die chronologiese plek, in die kader van die helegeskiedkundige "evolusie" van Utrecht, waaroor hierdie artikel gaan (5.1-8)*:(1) Die voorgeskiedenis van die "Qu" of Utrechtse Republiek:(a) Aanleidende faktore of gebeure, 1840 -c.1850;(b) Die tydperk van die "Buffelrievier Maatschappij", c.1850 -1853.(c) Die Balelesbergse bestuur of "staatjie", 1853 -1856.(2) Die periode van die Utrechtse of "Ou" Republiek, 1856 -1858.(3) Die tydperk toe die Utrechtse Republiek met die Lydenburgse Republiekverenig was, 1858 -1859.(4) Die Utrechtse Republiek as distrik van die Zuid-Afrikaanse Republiek onderdie benaming "Utrecht Distrik", 1859 -1902.(5) Die Utrechtse Distrik as deel van die Natalse Kolonie, 1902 -1909.(6) Utrecht na Unifikasie, 1910 e.v.Verder DOg die volgende: Eerstens bestaan claar DOg onsekerheid omtrentsekere ponte, o.m. in verband met die nomenklatuur. Byvoorbeeld: Is diebenaming "Ou Republiek" sedert die ontstaan van die eerste bestuur gebesig,nl. in c.1853, of is dit ook 'n aDder benaming van die Utrechtse Repuhliekwat vanaf 1856 tot 1858 bestaan bet? Was eersgenoemde nomenklatuur gebruikeers na die stigting in 1882 van die buurstaatjie, De Nieuwe Republiek, metdie Joel om tosseD die twee te onderskei? Dat die term "Ou Republiek" vir dieUtrechtse staatjie bestaan bet, volgens die ou "garde", is Die te betwyfel nie~Wat di!: DOg moeiliker maak om die gapings in die geskiedenis van genoemdedorp, Utrecht, te vol, is die feit dat die sg. Utrechtse "Archiefpapieren",volgens Goldman, tydens die Engelse Oorlog van 1899 -1902 deur brandvernietig is en derhalwe "so goed as Die bestaan nie" (13.33, 35). Tweedens moetdaarop gewys word dat hierdie artikel eintlik geskryf is met die doel omsekere oorlewerings van ou mense, waarvan sommige nou reeds oorlede is, maar wat tydens skr. se eerste navorsing nog in lewe was, in bewaring te hou.