Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius, 1666-1669: I

Authors

  • Francois J Pretorius

Keywords:

Mauritius, Biographies, Biografiee, Johannes Pretorius, Pretorius familie, Pretorius family, History, Geskiedenis, 1666-1669, Historia, Pretorius family of South Africa, Pretorius familie van Suid-Afrika

Abstract

The Mauritius years of Johannes Pretorius, progenitor of the Pretorius family of South Africa (1666-1669). The Mascarene Islands of Reunion (Bourbon), Mauritius and Rodrigues were discovered in 1513 by the Portuguese navigator, Don Pedro Mascarenha. Mauritius was initially called Ilha da Cirnos (Swan Island) after the swan-like but now long extinct dodo birds. The first settlers were Dutch seamen under Admiral Wybrandt van Warwyk who landed on the island in 1598 and named it Mauritius in honour of their stadholder Maurice of Orange (Nassau). The island which was strategically situated between the Cape and Batavia (Jakarta) in the East Indies was occupied by the Dutch East India Company for the first time in 1638. The main reasons for this occupation were firstly to avoid the menacing Portuguese presence along the East Coast of Africa and secondly the abundance of much sought after ebony on the island. Although the Dutch abandoned the island in 1658, the Dutch East India Company informed Jan van Riebeeck in 1657 that henceforth Mauritius would be administered by the Cape Council of Policy. This led to the second Dutch settlement which lasted for nearly half a century - from 1664 till 1710 - and forget the historic link between the Cape Dutch Settlement and the distant island of Mauritius. In 1666, two years after the second Dutch occupation, Johannes Pretorius, European ancestor of the South African Pretorius family was sent to Mauritius by the Council of Policy at the Cape. This account of his departure from the Netherlands, his arrival at the Cape, his subsequent departure and three years' stay on Mauritius is set in the prevailing Cape and Mauritian history and has been compiled from South African and Dutch archivalia.

Die skilderagtige, gedeeltelik tropiese en vrugbare eiland van Mauritius in die lndiese Oseaan is in 1513 deur die Portugese ontdek. Hulle het dit die Swan-eiland (Ilha da Cirnos) genoem, vermoedelik vanwee die groot en nou uitgestorwe oervoels, die dodo's, wat destyds op die strande gevind is. Die eiland is een van die Maskarene-eilande wat ook insluit Reunion (Bourbon) en Rodrigues. Hulle is vernoem na die Portugese seevaarder Don Pedro Mascarenhas wat die eilande in 1513 ontdek het. Gelukkig was die ou Hollandse seevaarders van die sewentiende en agtiende eeu baie trots op hulle meer geloofwaardige dade. Tereg ook so want vir hierdie klein Europese volk was daar soms meer Nederlandse skepe ter see as die hele res van Europa. Gevolglik is elke seereis na die Ooste opgeteken en kan daar vandag in Den Haag uit hierdie rykste versameling van maritieme geskiedenis ter wereld ook die vroee geskiedenis van Mauritius gevind word. Hieruit is bekend dat die Hollanders in 1598 op die eiland geland en dit na hulle stadhouer Maurits van Oranje (Nassau), ook die seun van Willem van Oranje (Nassau), vernoem bet. Teen 1638 het die Verenigde Oos-Indiese Companje (V.O.C.) besluit om die eiland vir die eerste keer te beset. Dit is strategies en gunstig ongeveer halfweg tussen die Kaap en Batavia (Jakarta) op pad na Oos-Indie gelee. Die vernaamste redes vir die besetting was om die Portugese besetting van die Oos-Afrikaanse kus te vermy en die groot voorrade gesogte ebbehout op die eiland. Alhoewel hierdie eerste besetting in 1658 beeindig is, het die V.O.C. in 1657 reeds vir Jan van Riebeeck in kennis gestel dat beplan word om Mauritius onder die Kaapse bestuur te plaas. 'n Minder bekende maar nietemin wetenswaardige geskiedkundige tydperk het hierdeur tussen die Kaapse nedersetting en die afgelee Mauritius tydens die daaropvolgende tweede Nederlandse besetting van Mauritius tussen 1664 en 1710, ontstaan. Ten spyte van heelwat inligting oor die Europese herkoms en familiegeskiedenis van Johannes Pretorius, stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, bestaan daar tot dusver geen volledige verhaal oor sy vertrek uit Holland tot en met sy terugkeer na die Kaap na 'n verblyf van ongeveer drie jaar op Mauritius nie. Daar bestaan selfs onsekerheid of hy eers die Kaap aangedoen het voor sy aankoms op Mauritius. Wat wel bekend is, en waarvan kortliks melding gemaak word, is dat hy op Mauritius as sieketrooster en sekunde in die diens van die V.O.C. was. Dr. C. Graham Botha, 'n voormalige hoofargivaris, het vermoedelik eerste in 'n tot dusver ongepubliseerde artikel, "Een Genealogiese Studie: Die familie Pretorius", kortliks na Johannes Pretorius se verblyf op Mauritius verwys. Wat volg is 'n rekonstruksie van die ervaring van Johannes Pretorius sedert sy vertrek in Desember 1665 uit Holland tot en met sy terugkeer in 1669 na die Kaap.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius, 1666-1669: I. (2021). Historia, 32(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/3093