Oor die opstel van die dokumentasie in die geskiedenisnavorsing

Authors

  • D. Bodel

Keywords:

Indexing, Classification, History research, Records

Abstract

ONDER meganiese hulpmiddels in die geskiedenisnavorsing bepaal die skrywer hom tot die afneem van aantekeninge en verwysings en hulle indeksering. Geskrifte oor die onderwerp is ook skraal, en meestal het ek my tot eie ondervinding asook waarneming van navorsers bepaal. Die meganiese hulpmiddels het te doen met die bewaring van die ingesamelde materiaal op 'n wyse wat die verwerking daarvan sal vergemaklik. As 'n mens 'n uittreksel wi! gebruik en dis "begrawe" onder die talle aantekeninge, vertraag dit 'n mens se werk. Met 'n kort studie gaan dit nog maar waar 'n lang dissertasie geskryf moet word, is dit noodsaaklik dat die dokumentasie so opgestel word dat die verwerking van die uittreksels of aantekeninge sistematies gebruik kan word. 'n Stelsel van rangskikking of klassifikasie is hiervoor nodig. Die navorser moet sy hande op enigiets wat hy verlang kan Ie. Daarvoor is 'n betroubare, konsekwente leerstelsel nodig. Die presiese omskrywing van die stelsel is nie baie belangrik nie, solank dit net die navorser tevrede stel. Ek het verderaan 'n paar gebruike aangedui wat ondervinding as die mees bevredigende bewys het, maar dit hang geheel en al van die individu self af. Sy eie behoeftes sal hom die gouste en maklikste leer. Ek behandel hier die kaartindeksstelsel. Daar is nie veel oor die tipe kaartjie wat gebruik word, te se nie. Gewoonlik gebruik navorsers die tipe indekskaartjie wat deur biblioteke vir boeke-indeksering gebruik word. Die voordeel van hierdie kaartjies is dat hulle baie maklik hanteer. Die nadeel aan hierdie kaartjies verbonde is egter dat 'n mens nie baie op so 'n kaartjie kan skryf nie. Kaartjies van 'n effense groter formaat is egter ook verkrygbaar. 'n Foliobladsy, middeldeur geskeur, vorm 'n kaartjie wat afgesien van die finansiele voordeel daaraan verbonde, ook 'n groot oppervlakte bied. Ongelukkig is hulle as gevolg van hulle slapheid, effens moeilik om te hanteer. Die navorser sal uiteraard sy kaartjies erens wil bere. Hy sal hulle nie sommer los laat Ie nie, maar hulle agtermekaar sit waar hy hulle sal vind as hy hulle nodig het. In so 'n geval word gebruik gemaak van 'n leerkas. Daar is goeie kaste teen redelike pryse verkrygbaar wat spesiaal vir die doe! gemaak is, maar skoendose verdien ook vermelding. Hulle het die regte grootte, maak bo oop, en hulle het inderdaad die voordeel dat hulle maklik hanteerbaar is. Ongelukkig het hulle ook die nadeel dat hulle glad nie sterk gemaak is nie.

Downloads

Published

2021-07-12

Issue

Section

Articles

How to Cite