Ekonomie en Politiek in die S.A. Ontwikkelingsgeskiedenis : 'n Historiografiese Verkenning

Authors

  • Elwil P Beukes

Keywords:

Development History, Economics, Ontwikkelingsgeskiedenis, Ekonomie, Historiografie, Historiography, History, Geskiedenis, Apartheid, Kapitalisme, Capitalism, Historia, South Africa, Suid-Afrika

Abstract

Economics and Politics of S.A. Development History : A historiographic investigation. Have apartheid and capitalism been friends. partners, enemies or strangers? Two approaches disregard or disavow any intrinsic link: Afrikaner historiography focuses on the Afrikaner's political struggle, and barely mentions politico-economic aspects. In liberal eyes apartheid measures are ""irrational"" and in basic conflict with the development of a "rational" liberal economic (and social) order. Other approaches stress an intrinsic link: Neo- Marxist historiography sees apartheid as having been created and sustained to serve the class interests of (both Afrikaner and English) capitalists. The overall conclusion is that one can no longer doubt an intrinsic linkage of economics and politics in SA history. 

Die fokus van hierdie artikel is die feitelike verwantskap en wisselwerking tussen ekonomie en politiek in die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsgeskiedenis, veral hierdie eeu. Aan die orde is die mate waarin en wyse waarop ekonomiese en politieke (of politiekstaatkundige) oorwegings, gebeure en veranderinge in Suid-Afrika mekaar beinvloed, veroorsaak, teengewerk of versterk het  of dit nie gedoen het nie. Hoewel daar verskeie maniere is om bostaande wisselwerking te ontleed, word hier gefokus op 'n intrinsieke verband tussen ekonomie en politiek, iets wat heelwat mense verontagsaam ~ doelbewus of andersins. Met die term ekonomie word hier veel meer bedoel as bloot aktiwiteite wat betrekking bet op geldelike inkome of rykdom. Dit omvat alle aktiwiteite van mense om individueel of gesamentlik middele af te stem op allerlei menslike behoeftes. Die ekonomiese posisie van mense het dus veel meer om die lyf as hul geldelike inkome. Dit sluit in hul lewenstyl en gehalte, algemene sosio ekonomiese bevoorregting en ekonomiese mag of onmag.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Ekonomie en Politiek in die S.A. Ontwikkelingsgeskiedenis : ’n Historiografiese Verkenning. (2021). Historia, 32(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/3023