Dr Piet Meyer in Johannesburg, 1936-1984

Authors

  • Dioné Prinsloo

Keywords:

South African Broadcasting Corporation, Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, Publishing, Publikasie, Biografiee, Biographies, Afrikaner ideologiee, Afrikanerkultuur, Afrikaner ideology, Afrikaner culture, Dr Piet Meyer, History, Geskiedenis, Historia, Suid-Afrika, South Africa

Abstract

Dr Piet Meyer in Johannesburg, 1936-1984. Dr P.J. Meyer (1909- 1984) had a notable influence on the development of Afrikaner ideology and was deeply involved in the organized cultural life of the Afrikaner. Some of the considerable number of fields in which he played a leading role are discussed in this article. Use was made of his own published and unpublished work to give an overview of his contribution to Afrikaner organisation at a time when the Afrikaner was still trying to find a foothold in the city after the Second Trek, that from rural to urban life. After his university studies in Bloemfontein and the Netherlands Meyer returned to South Africa in 1936. He accepted a combined post as assistant secretary of the FAK (the Federation of Afrikaner cultural organizations) and assistant secretary of the AB (Afrikaner Broederbond) - a secret society to promote Afrikaner cultural interests. He had become a member of the AB in 1931 and he was Chairman of the movement from 1960- 1972. Meyer was a philosopher with a strong Calvinistic outlook. He believed in the role of the Afrikaner in Africa as a part of God's divine plan.

In 'n radiopraatjie wat op 15 Julie 1984 uitgesaai is ter huldiging van Piet Meyer het verskeie van sy tydgenote, kollegas en vriende aan verskillende fasette van hierdie Afrikaner-kultuurleier aandag geskenk. Opvallend was die wye aantal terreine waar hy gedurende sy lewensloop invloed uitgeoefen het. 'n Deurtastende studie sal waarskynlik op 'n latere stadium hieroor onderneem word, maar wanneer slegs gelet word op wat hy in Johannesburg vermag het, is dit insiggewend hoe selfs die fisiese aansien van Johannesburg deur sy ywer en deursettingsvermoe verander is. In 'n televisieprogram op 13 Julie 1984 is getoon hoe Johannesburg uit die lug lyk met die drie komplekse waarvoor hy hom veral beywer het, naamlik die Goudstadse Onderwyskollege, die SAUK-sentrum en die RAU. Piet Meyer is op 22 Januarie 1909 in die distrik Ladybrand, in die Oranje-Vrystaat gebore. Sy vader, Izak Andries Meyer, was 'n boer wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog, 1899- 1902 as krygsgevangene na Ceylon (Sri Lanka) gestuur is. Die invloed van hierdie gebeure en die vertellings van sy vader het reeds vroeg 'n deurslaggewende invloed op die seun gehad. Na sy hoerskooldae op Ladybrand is Piet Meyer na die Universiteitskollege Grey te Bloemfontein (UKOVS) waar hy in 1929 'n B.A.-graad behaal het met Afrikaans, Sielkunde en Etiek as hoofvakke. In 1930 behaal hy 'n Hoer Onderwys Diploma; in 1931 M.A. Wysbegeerte; M.Ed. (skriftelike gedeelte) in 1932; M.A. Sielkunde in 1934; Drs. Phil et Litt Amsterdam in 1935 in Wysbegeerte, met Opvoedkunde en Sielkunde as byvakke; en in 1937 D.Phil aan UNISA. Hierdie opleidingsjare sou van hom 'n ewige student maak en deur sy hele lewe het hy ten spyte van 'n baie bedrywige werkprogram en betrokkenheid by die georganiseerde Afrikaner-kultuurlewe met vakliteratuur op die hoogte gebly. Nog in die laaste maande voor sy dood bet hy as eksterne eksaminator vir 'n doktorale proefskrif in Wysbegeerte opgetree. Hy bet 'n hele aantal wysgerige en kultuurhistoriese boeke en studies geskryf soos Die Afrikaner (1940), 'n ideaal-tipiese ontleding van die Afrikaanse volkspersoonlikheid; Tussen lets en Niks: 'n Inleiding tot die Eksistensialisme (1951); Nog nie die einde nie (1954), wat 'n ontleding is van die verhouding van die Afrikaner en Wes-Europa; Trek Verder -Die Afrikaner in Afrika (1958) waarin die Wes-Europese erfenis van die Afrikaner behandel word; en Nog nie ver genoeg nie -'n persoonlike rekenskap van vyftig jaar georganiseerde Afrikanerskap (1984). Ook het hy talle brosjures, hoofstukke in ander werke, voorleggings en dies meer die lig laat sien.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles