Demokratisering in die geskiedwetenskap : Van 'n elitegeskiedenis van bo tot 'n alledaagse geskiedenis van onderaf

Authors

  • Floris Albertus van Jaarsveld

Keywords:

Historiography, Historiografie, Democratization, Demokratisering, History, Geskiedenis, Geskiedwetenskap, Historical Science

Abstract

Democratization in historical science. In contemporary European historiography there has been a move away from the old Rankean concept of an 'elite' history from above to a new perspective of history from below, dealing with the lives or ordinary people at the base of the social pyramid. Whereas Ranke, the founder of historical science in 19th Century Germany, based his model on themes like the state, politics and great men to be studied by the hermeneutical individualizing method, Braudel, his French counterpart in the 20th Century, broadened the field of history by studying processes and structures (socio-economic, demographic and anthropological) in accordance with the analytical method of the systematic social sciences.

In die jongste tyd het 'n nuwe stroming in die Westerse geskiedskrywing, Suid-Afrika ingeslote, opgekom, nl. 'n nuwe "geskiedenis van die alledaagse" wat onderskei moet word van die ou alledaagse geskiedenis soos byvoorbeeld deur G M Trevelyan beoefen. In den breë gesien het die historiese belangstelling van 'n elite-geskiedenis van bo na 'n groepsgeskiedenis van onder verskuif, om metafories te praat, byna soos 'n piramied wat op sy kop gestel is. Hierdie verskuiwing van perspektief het 'n lang aanloop gehad waarna kortliks verwys sal word. Daar sal ook gekyk word na die rede vir die ontstaan van wat "demokratisering" in die geskiedwetenskap genoem kan word, asook die moontlikhede, probleme, kanse en nadele daaraan verbonde. Daar moet egter onderskeid getref word tussen die geskiedenis van onder dimensie wat 'n normale uitvloeisel is van die verbreding van die wetenskaplike tematiek en die huidige modeverskynsel van die "alledaagse" lewe van die gewone (of "kleinmensies") wat, as 'n geskiedenis van onder af boontoe gesien, met "demokratisering" gemoeid is, en om die rede as populere "volks"-historie of "pop"-geskiedenis (dink aan "pop"-musiek) getipeer kan word.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Demokratisering in die geskiedwetenskap : Van ’n elitegeskiedenis van bo tot ’n alledaagse geskiedenis van onderaf. (2021). Historia, 32(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/3011