Nuwe gegewens aangaande Hendrik Stiemens (1822-1894)
Keywords:
Biography, Letters, Stiemens, HendrikAbstract
Aan dr. c. P. J. Penning, van Harderwijk (Nederland), is die skrywer van hierdie bydrae besondere dank verskuldig. Danksy die welwillendheid van dr. Penning om uittreksels te vervaardig van 'n aantal briewe wat in sy persoonlike besit is en die skrywer toestemming te verleen om van die gegewens gebruik te maak, is belangstellenden in die verlede van Transvaal tans in staat om meet besonderhede te wete te kom aangaande Hendrik Stiemens. Stiemens bet o.m. bekendheid verwerf as eerste goewermentsonderwyser van Pretoria, as 'n oproermaker en balling tydens die onluste wat Transvaal in die vroee sestiger jare geteister bet, en in die tagtiger jare as Waarnemende Superintendent van Onderwys van die Suid-Afrikaanse Republiek. In die Lautsargief in die Pretoriase Argief is 'n paar briewe aanwesig wat deur Stiemens, voor sy koms na ons land, aan die Nederlandse Voortrekkervriend, prof. U. G. Lauts, gerig is. (1) 'n Oorsig van Stiemens se werksaamhede as Waarnemende Superintendent van Onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek is oak reeds gepubliseer.(2) 'n Verdere studie i.v.m. Stiemens bet onder die titel "Oude Tijden in Natal en Transvaal" in 1934 in die bekende Nederlandse tydskrif "De Gids" verskyn.(3) Die skrywer was gelukkig om in briefwisseling te kQm met 'n afstammeling van Hendrik Stiemens, mev.' J. Doornink-Blom, wat in die besit van die manuskrip van die genoemde studie was wat in "De Gids" verskyn het.(4) Van mev. Doornink-Blom moes hy verder verneem dat 'n aantal briewe, wat oorspronklik in besit van Stiemens se oudste seun was, na sy dood vernietig is. Volgens mev. Doornink-Blom bet hierdie briewe betrekking op Stiemens se verblyf in Natal gehad. Na 'n onderbreking bet die skrywer weer met mev. Doornink-Blom in verbinding getree en een van die resultate van die hervatting van die briefwisseling was die ontstaan van 'n korrespondensie met dr. C. P. J. Penning. Dr. Penning bet die aandag van die skrywer allereers gevestig op 'n studie van sy hand wat in die "Nederlandsch Tijdschrift voor Geneeskunde" verskyn bet en 'n aantal waardevolle gegewens aangaande die terugkeer van Hendrik Stiemens en 'n deel van sy gesin van Nederland na ons land bevat.(5) In groat trekke word die inhoud van hierdie studie van dr. Penning se hand deur die skrywer hieronder weergegee. Belangriker was die mededeling van dr. Penning se kant dat hy deur oorerwing in besit gekom bet van: (a) 'n Dagboek wat gehou is deur die oudste seun van Hendrik Stiemens, sy naamgenoot Hendrik Stiemens, woonagtig te Aalten (prov. Gelderland), Nederland, en (b) 'n Aantal briewe (grotendeels geskryf deur Hendrik Stiemens Snr.) wat betrekking bet op die tydperk 1875-1894. Sowel die dagboek as die korrespondensie is belangrik as bronne van kennisvergroting aangaande Hendrik Stiemens Snr. Tot hede ontbreek 'n volledige biografie van '~ndrik Stiemens Snr. en dus mag die volgende besonderhede die toekomstige skrywer van 'n wetenskaplik-verantwoorde lewensbeskrywing in staat stel om 'n meer afgeronde beeld aan sy lesers voor te Ie.