Margaret Ballinger se verkiesing in 1937 as Oos-Kaapse Naturelle-verteenwoordiger

Authors

  • F A Mouton

Keywords:

History, Geskiedenis, Geskiedenis van die Oos-Kaap, Eastern Cape History, Margaret Ballinger, All African Convention, Native Representative Act, Act no.12 of 1936, African National Congress, J B M Hertzog, Wet vir 'n Verteenwoordigende Naturelleraad, Historia

Abstract

In April 1936 is die Naturelleverteenwoordigingswet, Wet no. 12 van 1936, met 'n oorweldigende meerderheid deur 'n gesamentlike sitting van die Volksraad en Senaat aanvaar. Hierdie Wet het die kroon gespan op Premier J B M Hertzog se jarelange pogings om die swart kieser van die Kaapprovinsie op 'n aparte kieserslys te plaas. In terme van Wet no. 12 van 1936 is die 10 5993 swart kiesers van die Kaapprovinsie op die reeds genoemde aparte kieserslys in drie kieskringe ingedeel. Hiervolgens kon die swart stemgeregtigde Kaapse kieser direk drie blanke verteenwoordigers in die kieskringe Wes-Kaap, Oos Kaap en Transkei tot die Volksraad verkies. Verder is ook vir die direkte verkiesing van twee blanke verteenwoordigers in die Kaapse Provinsiale Raad voorsiening gemaak. Vir die swart kiesers van dieĀ  res van Suid-Afrika het die Wet vir 'n Verteenwoordigende Naturelleraad en die indirekte verkiesing van vier blanke senatore voorsiening gemaak.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Margaret Ballinger se verkiesing in 1937 as Oos-Kaapse Naturelle-verteenwoordiger. (2021). Historia, 31(3). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2980