Betrekkinge tussen Suid-Afrika en Zambië gedurende die premierskap van Adv. B J Vorster

Authors

  • Elrida Bell

Keywords:

South Afica, Suid-Afrika, Rhodesia Question, Rhodesiese vraagstuk, Diplomatic ties, Diplomatiese verhoudinge, Zambie, Zambia, Zimbabwe African National Union, Zimbabwe African Peoples Union, International relations, Internasionale betrekkinge, Suid-Afrikaanse Premiers, South African Premiers, Political relationships, Politiese verhoudinge, History, Geskiedenis, B J Vorster, African National Council, K Kuanda, Detente, Politics, Politiek

Abstract

Tydens die premierskap van adv. B J Vorster -1966  tot 1978 -het Vorster hom dit ten doel gestel om Suid-Afrika se betrekkinge met Afrika te normaliseer omdat hy besef het dat sy verhouding met die res van die wêreld grootliks bepaal word deur sy verhouding met die Afrikastate. Die diplomatieke offensief van Vorster om Suid-Afrika uit sy geïsoleerde posisie te lig, het bekend geword as die "uitwaartse beweging", en was in die eerste plek toegespits op Afrika, daarna op Europa en die res van die wêreld. Noord van Suid-Afrika was Zambie 'n vanselfsprekende keuse vir Vorster se uitwaartse beweging, nie alleen omdat Zambie die prentjie voltooi het om die ideaal van 'n ekonomiese magsblok te verwesenlik nie, maar ook omdat Zambie die enigste werklike frontliniestaat en ook 'n politieke brug na Sentraal- en Oos-Afrika was. Die Zambiese President, Dr Kenneth Kaunda, het heelwat aansien in internasionale geledere geniet as gevolg van sy afkeur van geweld en die feit dat hy meermale die "Christelike gewete" van Afrika genoem is.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Betrekkinge tussen Suid-Afrika en Zambië gedurende die premierskap van Adv. B J Vorster. (2021). Historia, 31(3). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2977