William H. Dray en die Krisis van die Geskiedenis
Keywords:
William H Dray, Philosophy, Filosofie, Historiography, Historiografie, Ordinary Language Philosophy, Analytic Philosophy, Analitiese Filosofie, History, Geskiedenis, HistoriaAbstract
Vandag verkeer die Geskiedenis in 'n krisissituasie. In sommige kringe word beweer dat die Geskiedenis in 'n doodloopstraat is: dat sy metodologie verouderd en soms onwetenskaplik is en dus nie noemenswaardige resultate kan oplewer nie. Trouens, selfs die bestaansreg van die Geskiedenis as wetenskap word in twyfel getrek. Dit is dus nie verbasend dat Suid-Afrikaanse historici op soek is na metodologiese vernuwings wat die situasie kan red nie. Die twee hoofrigtings waarin hierdie vernuwings tans in Suid-Afrika gesoek word, is die Neo-Marxisme van die sogenaamde "Radikale Geskiedskrywing" en die Strukturalisme van die" Annales-skool". Terwyl ek vir albei stromings waardering het en nie sou wou ontken dat hulle belangrike bydraes tot die stand van historiese kennis gelewer het nie, is hierdie benaderings, gesien vanuit my verwysingsraamwerk, ongebalanseerd. Dat die Neo-Marxisme 'n materialistiese filosofie is, is algemeen bekend. Maar so ook het die Strukturalisme van die Annales skool 'n goeie klap van die materialisme weg. Daarvan getuig hulle belangstelling in faktore soos die invloed van die geografie of van pryswisselings op die verloop van die geskiedenis.