Die totstandkoming van 'n selfstandige Departement van Naturellesake in die Transvaal

Authors

  • W A Stals

Keywords:

Zuid-Afrikaansche Republiek, Department of Bantu Affairs, Transvaal, Blacks, Henrique Shepstone, 1877, Departement van Naturellesake, Swartes, T.F. Burgers

Abstract

Henrique Shepstone se aanstelling as die eerste Sekretaris van Naturellesake in Transvaal drie maande na die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek in April 1877, het die idee laat ontstaan dat sowel hierdie amp as 'n selfstandige departement van Naturellesake deur die Britte in die lewe geroep is. Afgesien daarvan dat hierdie opvatting nie korrek is nie, het dit ook tot gevolg dat 'n belangrike aspek van die ontwikkeling van die administrasie van die swartes in die Zuid-Afrikaansche Republiek oor die hoof gesien word.

In sy Aanspraak tydens die buitengewone Volksraadsitting in Februarie 1873 het president T.F. Burgers daarop gewys dat die reis wat hy na die grense van die Zuid-Afrikaansche Republiek onderneem het, hom daarvan oortuig het "dat die diensten van een bekwaam ambtenaar als een commissaris voor de naturellen niet langer, zonder groot nadeel voor het land kunnen gemist worden". Burgers wou egter nie onmiddellik 'n te groot finansiële las op die landsfinansies lê nie. Gevolglik het hy voorgestel dat die salaris van die landdrosskap van Utrecht verdubbel moes word en dat sowel die amp van Kommissaris van Naturelle as die van landdros, aan 'n bekwame amptenaar toevertrou moes word. 

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die totstandkoming van ’n selfstandige Departement van Naturellesake in die Transvaal. (2021). Historia, 31(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2953