Die Slag van Vegkop
Keywords:
Slag van Vegkop, Ndebele, Mzilikazi, 1836, Potgietertrek, Voortrekkers, South African history, Suid-Afrikaanse geskiedenis, Andries Hendrik Potgieter, HistoriaAbstract
Twintig kilometer van Heilbron af op die pad na Lindley is daar links van die pad 'n langwerpige rant. Dit is hier waar die Slag van Vegkop 150 jaar gelede plaasgevind het toe die Ndebele-impi van Mzilikazi in Oktober 1836 'n deel van die Potgietertrek aangeval het.
Daar bestaan tans geen behoorlike beskrywing van die Slag van Vegkop nie en dit wat wel daaroor geskryf is, verskil in 'n hele aantal opsigte van mekaar. Hulle verskil byvoorbeeld oor die datum waarop die geveg plaasgevind het en selfs oor wie die Voortrekkers op die betrokke dag aangevoer het. Dat daar verskille is, is begryplik, want daar bestaan slegs 'n aantal herinneringe oor die slag en die meeste daarvan is baie jare na die gebeurtenis opgeteken. Die verslag wat die naaste aan die gebeurtenis staan, is 'n onvolledige mededeling wat Andries Hendrik Potgieter op 20 November 1836 aan Erasmus Smit daaroor gemaak het. Hierdie en ander bronne stel 'n mens wel in staat om 'n redelik-getroue weergawe van die Slag van Vegkop op te bou.