DIE HEDENDAAGSE BEELDHOUKUNS IN SUIO-AfRIKA
Keywords:
South Africa, Sculpture, History of ArtAbstract
In 'n kort oorsig oor die hedendaagse skilderkuns in Suid-Afrika, in Historia (Jrg_ IX, p.34) gepubliseer, het ons reeds gewys op die alge-mene probleem om die term "hedendaags" genoegsaam te kan bepaal, gesien uit die gesigspunt van styl-verskeidenheid in werke waarmee tans produserende, veral westerse kunstenaars hier en elders nor; daagliks voor 'n dag kom. Soos vir die skilderkuns geld dit ook die beeldhoukuns. In die enger sin van die woord is daar 'n merkbare neiging om onder "heden- daags" of "kontemporer" te verstaan aileen die hoog geabstraheerde werke, met sterk afwyking van die tradisionele ideaal om die natuurrealiteit her- kenbaar te verbeeld; en verder die soort werke wat as non-figuratief of geheel en al nie-voorstellend van die natuurreele vormwereld bestempel kan word. In die wyer sin van die woord word daaronder verstaan die totaal- beeld van aIle skeppinge op kunsgebied, wat heden ten dage tot stand gebring word as aktuele deel van die alledaags ontvouende lewens- en kultuuraktiwiteit van volkere. Dit kom as onverantwoord voor om die een standpunt ten koste van die ander te probeer verdoesel of te negeer. Met die oog op die Europese kultuurlewe as geheel opgevat, waarby ook die van Suid-Afrika inbegrepe is kragtens sy herkoms, aard en ontwikkelings-gang, kry ons in elk geval met albei standpunte te doen wat die huidige stand van die kuns betref.Downloads
Published
2021-07-08
Issue
Section
Articles
How to Cite
DIE HEDENDAAGSE BEELDHOUKUNS IN SUIO-AfRIKA. (2021). Historia, 13(4). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2949