Die Politieke Aktiwiteite van die Rand Pioneersvereniging gedurende sy vroeë bestaansjare
Keywords:
Politiek, Rand, Pioneersvereniging, Johannesburg, Britse, British, History, Geskiedenis, Politics, Pioneers, 1900, Goudvelde, goldfieldsAbstract
Nadat Johannesburg op 31 Mei 1900 in Britse hande geval het, het die pioniersfase in die geskiedenis van die stad grootliks tot 'n einde gekom en kon mense met nostalgie begin terugkyk op 'n baanbrekerstydperk wat besig was om agter die gordyn van die tyd vergete te raak. Dit verbaas 'n mens dan ook nie dat daar op inisiatief van Edgar P Rathbone op 8 Julie 1903 'n vergadering in Johannesburg gehou is, ten einde 'n vereniging te stig waarvan die doel aangegee is as "the keeping alive of the spirit of good fellowship existing amongst the pioneers of the Rand, the recording and preservation of all interesting data and documents with the view of their ultimate publication and distribution amongst members; and the annual dining together of the members on the day the principal goldfields were proclaimed."