Johannesburg onder die Zuid-Afrikaansche Republiek
Keywords:
Johannesburg geskiedenis, History of Johannesburg, Mining, Mynwerke, Witwatersrand, George Harrison, Goud, Gold, 1886, HoeveldAbstract
Gedurende die eerste helfte van 1886 het die republikeinse regering van Paul Kruger
heelwat versoekskrifte ontvang van delwers waarin gevra is dat verskeie plase in die
omgewing van die Witwatersrand tot openbare delwerye geproklameer word. Hierdie
vertoe het gevolg op 'n goudontdekking deur 'n Australiese delwer, George Harrison,
op die plaas Langlaagte.
In Augustus 1886 het die Regering 'n kommissie bestaande uit Christiaan Johannes Joubert en Johann Friedrich Bernhard Rissik na die Witwatersrand gestuur om ondersoek in te stel na die lewensvatbaarheid van die nuwe goudvelde. Ten tye van die kommissie se besoek was Joubert die hoof van mynwese van die Republiek terwyl Rissik as landmeter-generaal waargeneem het. Op aanbeveling van die kommissie het die Regering besluit om verskeie plase gedurende September en Oktober 1886 tot openbare delwerye te proklameer. Verskeie kampe bestaande uit tente, sinkhuisies, tentwaens en allerlei windskerms het skielik op die kaal Hoeveld verrys. Die belangrikste kampe was Ferreiraskamp, Meyerskamp en Langlaagtekamp. Van die drie was Ferreiraskamp, gelee op die plaas Turffontein, die grootste. Turffontein was baie sentraal gelee ten opsigte van die omliggende delwerye. Wes van Turffontein was die plaas Langlaagte en in die noordooste die driehoekige stuk staatsgrond, Randjeslaagte. Die delwersbevolking van hierdie drie kampe het die kern gevorm waaruit die latere wereldstad Johannesburg, sou groei.