Die Skryf van 'n Universiteitsgeskiedenis

Authors

  • F J du Toit Spies

Keywords:

Universiteit van Pretoria, University of Pretoria, History of the University, Universiteitsgeskiedenis, 1960-1982, FJ du Toit Spies, Historia, Historia vol. 30 no. 2

Abstract

Skrywer hiervan werk tans mee aan die skrywe van die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria, deel II, 1960-1982. Vandaar sy belangstelling in die onderwerp.

* Laat ek met 'n aanhaling begin: "Daar is sekerlik verskillende maniere waarop mens na 'n universiteit kan kyk. Moontlik kan 'n mens daarna kyk soos deur 'n venster na iets wat veel verder strek en tot die horison reik."

Soos ek hier staan en my blik oor die kampus laat gaan sien ek mense kom en gaan: dosente, studente en andere. Ek sien die geboue, die verkeer -'n bynes van aktiwiteite. Ek dink met trots en dankbaarheid aan wat bereik is deur die wat my voorafgegaan het. Ek kyk deur hierdie venster en visualiseer vir myself wat nog bereik kan word deur hierdie groot universiteit.

Ons is inderdaad bevoorreg om die geleentheid te he om in die paar jaar wat hulle in ons midde verkeer aan ons jeug die kennis en die geleerdheid by te bring waarvoor hulle na die universiteit gekom het. Ons hoop dat ons daarin kan slaag om tot hulle opvoeding by te dra en hulle 'n mate van wysheid te laat toekom wat hulle vir die res van hulle lewe sal bybly.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles