DIE CATEMBE-KONSESSIE

Authors

  • J .H Ploeger

Abstract

In die negentigerjare van die vorige eeu was sowel die PoEtugese kolonie Mosambiek as die Zuid-Afrikaansche Republiek gebiede waarin die Britse en Duitse invloedsdrange met mekaar gebots bet. In Mosambiek was die brandpunt van hierdie mededinging die belangrikheid van Delagoabaai met, daarby aansluitend, die Transvaalse agterland, met name die Witwatersrandse goudveld. Die Jamesoninval van 1895-96 ,en die telegram van Keiser Wilhelm II aan Staatspresident Kruger in verband met die geslaagde boere-optrede teen die invallers bet nie alleen die Brits-Duitse verhouding, al was dit dan ook tydelik,)aat versleg nie, maar vir die Zuid-Afrikaansche Republiek was di) 'n teken dat hy Qp Duitse bystand kon vertrou. Dit bet oak gegeld ten opsigte van Transvaalse bemoeiings om, SODS P J van Winter dit gestel bet, 'n vaste voet of 'n versekerde invloed aan Delagoabaai te verkry.1 Vir Transvaal was 'n onbelemmerde deurgang na Delagoabaai 'n lewens- belangrike aangeleentheid en in 1895 is hierdie strewe met sukses bekroon deur die opening van die Oosterlyn, SODS die Delagoabaai-spoorlyn bekend was. Maar die strewe van die Transvaalse regering bet verd~r gegaan, nl. in die rigting van verwer-wing van 'n deel van die Portugese koloniale gebied in ODs-Afrika. In 1889 bet 'n po- ging, wat in die verb and namens die regering deur dr WJ LeydS onderneem is, misluk.2 Ses jaar later bet daar'n nuwekans vir Transvaal gekom om aan die suidelike oewer van Delagoabaai, in die distrikCatembe, 'n tertein in besit te verkry. Die doel van hierdie bydrae is om te skets op watter wyse die Zuid-Afrikaansche Republiek gepoog bet om hierdie terrein te verkry en om 'n oorsig van die gevolge te gee. Die internasionale verwikkelinge wat uit hierdie aangeleentheid voo~tge'spruit bet was, vol-gens 'n uitlating van die destydse Duitse Ondersekretaris van Buitelandse Sake, Oswald Freiherr van Richthofen, in 1899, die aanleiding tot Britse-DJitse besprekings oar 'n gesamentlike, afgebakende invloeduitbreiding in Afri~a, veral met betrekking tot die Portugese koloniale besit. Die samesprekings bet op 30 Augustus 1898 tot 'n ooreenkoms tussen die twee grootmoondhede gelei.3 As gevolgvan hierdie oore.enkoms is terselfdertyd, SODS gesien sal word, die Dtiitse bystand aan die Zuid-Afrikaansche ~{epubliek onttrek.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles