F A VAN jAARSVELD AS VERTOLKER VAN SY TYD

Authors

  • P.H Kapp

Keywords:

Historical ideologies, Social interpreters, Historiography, Van Jaarsveld, F.A., History

Abstract

Vir die tradisionaliste onder die geskiedskrywers is 'n geskiedkundige wat horn met die probleme van sy tyd besig, hou, 'n contradictio in terminzS. Dit is vir bulle onaanvaar- baar dat die kennis van die verlede op die hede en die toekoms toegepas word. Dit is te spekulatief, claar is te mill vastighede, te veel onsekerhede en vloeibare toestande. FA van J aarsveld kan Die as 'n tradisionalistiese geskiedskrywer bestempel word Die ,I Daarvoor bet hy te sterk op die voorpunte van die vak beweeg om vanuit 'n sterk wys-gerig-teoretiese onderbou nuwe navorsingsterreine en intellektuele toepassinge te vind. Sy vrugbare pen bet clan ook baie nuwe terreine oopgestel en nuwe insigte gebring. Hy bet dit onaanvaarbaar gevind dat die historikus horn in sy wetenskapsbeoefening in die verlede isoleer. Sy teoretiese welke oor die geskiedwetenskap getuig van sy stand punt dat die studie van die geskiedenis die.hede en die toekoms moet betrek. Die historikus kan Die ongevoelig staan teenoor die mens se behoefte om sy eie tyd te verstaan en 'n visie vir die toekoms te formuleer nie.2 Hy bet Die verniet intellektueel diep gedrink by die kontinentale teoretici van die vak Die, en veral sterk beinvloeding deur Duitse en Amerikaanse geskiedfilosowe ondergaan Die. Die welke van Johan Huizinga oor die dramatiese gebeure wat hy in die dertiger- en veertigerjare as historikus in Europa van naby beleef bet, en 'n Friedrich Meinecke se diepe geestelik-intellektuele betrokken- heid by die na-oorlogse lotgevalle van sy volk, bet horn stellig geinspireer tot 'n poging om sy eie tyd te vertolk. Wat Van Wyk Louw vanuit sy geesteskulturele hoek vir die Afrikaner van sy en toekomstige tye probeer ontsluit bet, bet Van Jaarsveld op 'n meer gewaagde en meer polities-gelaaide wyse vanuit 'n geesteshistoriese hoek probeer doen. Teenoor Van Wyk Louw se vermoe om bo die problematiek van die oomblik uit te styg en met goedgekose woord en styl 'n idee te laat deurbreek, is Van Jaarsveld dikwels die Garibaldi wat met klowende beeldspraak 'n tydsgebonde uitspraak diep laat inslaan en sy leser tot denke en standpuntformulering dwing.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles