F A VAN JAARSVELD: AFRIKANERHISTORIKUS EN VERNUWER

Authors

  • Johannes du Bruyn

Keywords:

Afrikaner nationalism, Historiography, History, Van Jaarsveld, F.A

Abstract

Professor F A van Jaarsveld is teenswoordig seker die bekendste, veelsydigste en produktiefste Afrikaanse historikus. Maar hy is terselfdertyd die mees omstrede Suid-Afrikaanse geskiedskrywer. Dit hou verb and met sy opvatting dat die historikus betrokke moet wees, sy samelewing moet dieD: hy moet sy volksgenote opvoed, betig en, bowenal, nuwe wee baan en oplossings vir historiese en tydgenootlike probleme aan die hand doen. Aan die taak bet hy baie van sy tyd gewy. In talryke koerantar-tikels, radiopraatjies, opstelle en toesprake bet hy die Afrikaner en die Suid- Afrikaanse samelewing ontleed en Die gehuiwer om sy mening te lug Die. Dikwels bet sy uitsprake heftige reaksies ontlok en die voorblaaie van koerante gehaal. In 'n sekere mate bet sy werk buitekant die ivoortoring die afgelope tyd sy groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing begin oorskadu. Vandag is hy in die eerste plek aan die gemiddelde Suid-Afrikaner bekend as die geskiedenisprofessor wat in Maart 1979 geteer-en-veer is. Dit is jammer, want F A van Jaarsveld is ongetwyfeld die grootste kenner van die Afrikaner en sy geskiedenis, die bedrywigste historiograaf in die Suid-Afrikaanse geskiedeniswereld en 'n onvermoeide pleitbesorger vir vernuwing in die Afrikaanse geskiedskrywing.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles