OBJEK EN METODE IN DIE WETENSKAP VAN DIEGESKIEDENIS, 1825-1980

Authors

  • F. A van Jaarsveld

Keywords:

New History School, Historiography, History, Industrial revolution, Historische Sozialwissenschaft, Holistic social sciences, Ranke, French Annales school

Abstract

In sy Inleiding tot die Filosofie van die Geskiedenis definieer prof. P S Dreyer: "Weten- skap is 'n sisteem van rasionele, gefundeerde, objektief-geldige en mededeelbare ken- nis wat volgens geykte metodes verkry is en op dieselfde voorwerp van studie of studie- gebied toegespits is". Volgens Dreyer voldoen die geskiedeniswetenskap aan hierdie vereistes, wat as objek van studie bet "die lotgevalle en aktiwiteite van werklike mense van die verlede waar bulle gedurig besig is om vormend gestalte aan bulle leefwereld te gee," en as "fundamentele" metode om tot kennis van die objek te kom, fiDem hy enkel die "hermeneutiek" of "verstaansmetode" wat volgens horn in skerpe teenstelling staan tot die "verklaar"-metode van die natuurwetenskap.Hierdie uitspraak berus op 'n verouderde konsep van die geskiedwetenskap, want dit is nie meeT net 'n hermeneutiese geesteswetenskap wat volgens die indiwidua- liserende verstaansmetode te werk gaan nie; dit bet vandag tot sekere hoogte DO\< 'n analities-verklarende wetenskap geword wat bowe-indiwiduele historiese strukture en prosesse as dieptedimensies van die verlede ondersoek, wat nie bloat "verstaan" kan word nie. In plaas daarvan om die besondere objek waarmee die geskiedenis as vak- dissipline horn besig hou en die basiese of "geykte" metode te beskryf om hierdie voorwerp van studie te bereik en te leer ken, sal dit meeT verhelderend werk om op die vakwetenskaplike ontwikkeling van die geskiedenis in te gaan, waaruit sal blyk dat daar nie een objek en een metode bestaan nie, maar 'n veelheid van objekte en metodes, want die "objek" is 'n variabele grootheid en die "metode" bet verfyn en is aangevul en uitgebrei, waardeur die wetenskap van die geskiedenis vandag op 'n pluri-forme grondslag staan en tot 'n vak met vele aangesigte geword bet.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite