SIELKUNDE VIR DIE HISTORIKUS: PRAKTIESE MOONTLIKHEIDOF IDEALISTIESE WENSDENKERY?

Authors

  • Albert Grundlingh

Keywords:

History, Sociological conceptions, Psychology, Dilthey, W, Mentality histories, Psychohistory

Abstract

Die algemene en bekende gemene deler tussen geskiedenis en sielkunde is die feit dat beide dissiplines menslike gedrag bestudeer. Hierdie bree en voor-die- handliggende veralgemening is egter van weiDig nut wanneer claar op die dinamika en praktiese be-oefening van die twee dissiplines gelet word. Waar die historikus se vraagstelling verledegerig is, spits die sielkundige horn op die huidige toe; waar die historikus weens die kompleksiteit van die verlede en die aard van beskikbare dokumentere bronnemateriaal huiwerig is om binne die raamwerk van 'n bepaalde model te werk, gebruik die sielkundige dikwels eksperimentele modelle in 'n poging om die algemene geldigheid van sy bevindinge te demonstreer;waar die historikus Die oor'n spesifieke vaktaal beskik Die, maak die sielkundige ruimskoots van 'n eiesoortige terminologie gebruik; waar die geskiedenis Die soseer daaropingestel is om gedrag in die praktyk te verander Die, maak sekere vertakkinge van sielkunde (byvoorbeeld kliniese sielkunde) wel daarop aanspraak; en waar die sielkunde geneig is om 'n statiese deursnit van menslike gedrag te verskaf, is claar by die geskiedenis veel meeT sprake van 'n ontwikkelingsgang. Hierdie is slegs enkele van die verskilpunte tussen die twee dissiplines, maar selfs dit lewer al genoegsame bewys dat 'n pynlose simbiose buite die kwessie is.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

SIELKUNDE VIR DIE HISTORIKUS: PRAKTIESE MOONTLIKHEIDOF IDEALISTIESE WENSDENKERY?. (2021). Historia, 27(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2507