GESKIEDENIS EN ANTROPOLOGIE: ONDERWEG NA'N MENSLIKER GESKIEDENIS?

Authors

  • Johannes du Bruyn

Keywords:

Anthropology, Historical disciplines, Ethnology, History, Herodotos, Cultural history, Production modes

Abstract

Die opkoms van nasiestate in Europa was 'n belangrike stukrag vir die ontwikkeling van geskiedenis as 'n dissipline; die kolonisasie van Afrika, Asie en Amerika her die grondslag vir antropologie as wetenskap gele. Die grondslae van hierdie dissiplines her hulle ideologies en metodologies van mekaar geskei. Geskiedenis is vereenselwig met "progressiewe", "komplekse", "gevorderde" en hoofsaaklik Blanke samelewings; an- tropologie is grootliks tot die studie van gekoloniseerde, skriflose, "primitiewe", "kultuur-agterlike", "statiese" en oorwegend Swart gemeenskappe beperk. Die historiese metode her veral op die grondige ontleding van diplomatieke dokumente berus om die unieke, eenmalige gebeure en veranderings in die verlede te belig. Die antropologiese metode her grootliks uit veldwerk in die "etnografiese hede" bestaan, die direkte waarneming van 'n "stammikrokosmos": die ontleding van die kultuur van 'n gemeenskap en die funksie en strukture van instellings met die uiteindelike oogmerk om die algemene, konstante en vergelykbare uit te lig. Die afgelope drie dekades her dekolonisasie, industrialisasie, die opkoms van die "gewone man" (en deesdae veral oak die vrou!) en toenemende invloed van die Marxisme as ondersoekmetode die grense rUssell geskiedenis en antropologie laat vervaag.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

GESKIEDENIS EN ANTROPOLOGIE: ONDERWEG NA’N MENSLIKER GESKIEDENIS?. (2021). Historia, 27(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2506