GESKIEDENIS EN GEOGRAFIE TERUG AARDE TOE

Authors

  • Lucille Heydenrych

Keywords:

Interdisciplinary relationships, Possibilism, Geography, Environmental determinism, History

Abstract

Suid-Afrikaanse historici openbaar 'n skromelike gebrekaan kennis van en belangstel-ling in geografie. Sommige huldig die naYewe standpunt dat geografie skaars meer as 'n kompendium van eenvoudige feite oar die ligging, grootte, grense, dorpe en pro-dukte van verskillende lande is. Daar word soms gevoel dat geografie kwalik aan die maatstawwe van 'n wetenskaplike dissipline voldoen. Kritici verwys dikwels na geograwe se "wollerige denke" en praat selfsvan hul"akademiese maskerade."l Voorts word bespiegel ofgeografie tot dienatuur-, sosiale ofgeesteswetenskappe behoort, en of dit werklik 'n eie studieveld het.2 Die probleem word ingewikkelder wanneer 'n buitestaander vind dat geografie 'n soort "balkanisering" ondergaan bet en dat geograwe as't ware in geYsoleerde subdissiplines skuiling teen die toenemende ken-nisontploffing gevind het.3 Navorsingsterreine in die dissipline bet so vereng dat elke geograaf regmatig daarop aanspraak kan maak dat hy die enigste lewende gesag- hebbende op sy terrein is.4 Wat die yak se wetenskaplikheid nag verder in die gedrang bring, is dat geografie, soos 'n geograaf redelik onlangs erken bet, mill akademiese aansien geniet.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles