The learning curve in the South African War: Soldiers’ perspectives
Keywords:
British army, learning curve, army reform, South African War, counter-guerrilla operations, Britse lëer, leerkurwe, militêre hervorming, Suid-Afrikaanse Oorlog, teen-guerrilla operasiesAbstract
English
The British military performance in the South African War not only confounded prewar expectations but also aroused controversy about what had caused the underestimation of a well-armed, mobile enemy and the failure to anticipate the tactical challenges posed by fire zones, swept by smokeless magazine rifles. Although the sweeping criticisms of Leo Amery, which held sway for over 70 years, have been modified by more recent historiography, this essay uses the correspondence of British soldiers to argue that the British victory was not simply a product of numerical superiority and an ability to deny any foreign intervention on behalf of the Boers. It claims that the British army, and its much-maligned soldiery, proved resilient and adaptable in South Africa, capable of learning in the field, and of conducting counterguerrilla operations across a vast terrain in a way that would ultimately undermine the enemy’s will to resist. While the more perceptive Boers recognised that the British had improved in their field craft and tactical skills neither the British press, disenchanted with a protracted war, nor the military themselves, valued this learning process inasmuch as the war seemed to be largely anomalous with only limited lessons for the future.
Afrikaans
Die leerkurwe in die Suid-Afrikaanse Oorlog: Die soldate se perspektiewe
Die Britse militêre vertoning in die Suid-Afrikaanse Oorlog het nie alleen vooroorlogse verwagtinge beskaam nie, maar ook dispuut ontlok oor wat gelei het tot die onderskatting van ’n goed bewapende, mobiele vyand en die versuim om die taktiese uitdagings te voorsien wat gestel is deur vuursones, bestryk deur rooklose magasyngewere. Ofskoon die felle kritiek van Leo Amery wat vir meer as 70 jaar oorheers het deur meer onlangse historiografie versag is, benut hierdie artikel die korrespondensie van Britse soldate om te argumenteer dat die Britse oorwinning nie bloot die gevolg was van ’n getalle-oorwig en die vermoë om enige buitelandse tussenkoms namens die Boere te verhoed nie. Dit voer aan dat die Britse leër en sy veel beswadderde krygsvolk ‘n veerkragtigheid en aanpasbaarheid in Suid-Afrika getoon het, en dat hulle daartoe in staat was om in die veld te leer, en om teenguerrilla operasies uit te voer oor ’n wye terrein en op ’n manier wat uiteindelik die vyand se wil om weerstand te bied sou ondergrawe. Terwyl die meer opmerksame Boere besef het dat die Britte in hul vermoë in die veld en met hul taktiese vaardighede verbeter het, het nóg die Britse pers – ontnugter deur ’n uitgerekte oorlog – nóg die militêre self hierdie leerkurwe na waarde geskat, in so verre die oorlog as grootliks anomaal met slegs beperkte lesse vir die toekoms beskou is.