SIR DE VILLIERS GRAAFF SE LEIERSKAP VAN DIE VERENIGDE

Authors

  • S.L Barnard

Keywords:

Apartheid politics, Political leadership, Graaff, de V, Sir, Politics, Birth of The Republic of South Africa, United Party, History, Independent homelands, Middle-of-the Road Policy, Public appearances

Abstract

Die politieke rekord van sir De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party van No-vember 1956 tot die einde van die party se bestaan in Junie 1977, bevat 'n aantal merkwaardige statistieke: 29 jaar lank bet hy in die aktiewe politiek gestaan sander om ooit in die regeringsbanke te sit; 21 jaar was hy die leier van die amptelike opposisie van die land; vyf algemene verkiesings en een volkstemming bet hy as leier van 'n party geveg en almal verloor; die amptelike verteenwoordiging (volksraadslede) van die par-ty bet hy van 57 na gesien kwyn; vier skeurings bet die party onder sy leierskap be- leer en letterlik saam met die party bet hy die hawe van vergetelheid ingevaar. As daar momenteel na bogaande feite gekyk word, kan Graaff se vermoe om politieke leidingl te gee bevraagteken word. Dit kom eienaardig voor dat 'n leier wat net terugslae en vernedering ervaar bet op leierskap aanspraak kan maak. As dit in ag geneem word dat Graaff letterlik deur sy optrede die einde van die V P veroorsaak bet, is dit te begrype waarom die meeste politieke kommentators, politici en die grootste gedeelte van die pers, Die sy leierskap hoog aanslaan.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite