DIE POLITIEKE VERTEENWOORDIGING VAN SWART ORGANISASIESIN DIE ORANjERIVIERKOLONIE, 1900-1910

Authors

  • C.J.P Ie Raux

Keywords:

O.R.C. Native Vigilance Association, O.R.C. Native Congress, Coloured Persons Representative (Municipal) Ordinance, Orange River Colony, South African Native Convention, Vigilance Committee, Racial relationships, Becoana Mutual Improvement Association, Black organisations, Political representation, African Political Organisation, History, His Majesty's Loyal Native Subjects

Abstract

Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) bet die politieke aspirasies van die Swart be volking van die Oranjerivierkolonie na die oppervlak gebring. Gedurende die vooraf-gaande republikeinse tydperk bet die Blankes nooit met enige Nie-Blanke agitasie vir groter politieke, ekonomiese of maatskaplike regte te doen gekry nie.Die verhouding van Blank tot Nie-Blank bet in die republikeinse tydperk nog hoofsaaklik om 'n landelike arbeidsvraagstuk gesentreer, soos dit trouens ook in die ander Suid-Afrikaanse gebiede die geval was. Tekens van 'n breere Nie-Blanke vraagstuk was egter reeds in die laaste twintigtal jrae van die Vrystaatse Republiek aanwesig. Die ontwikkeling kan toegeskryf word aan die verstedeliking van die Nie- Blankes wat na die Anglo-Boereoorlog verder toegeneem bet en aan enkele "geleerde" Nie-Blankes vanuit die sendingskole wat begin weier bet om bulle met die posisie van bloot arbeider en onderdaan te vereenselwig. Swart leiers in die Vrystaat bet die seevierende Britse militere magte wat die republiek op 24 Mei 1900 geannekseer bet, as bulle bevryder van die Boerejuk gesien. Die feit dat die Britse militere owerhede bulle as gelykes behandel bet, aan bulle burgerregte en kompensasie vir oorlogsverliese belowe  bet, bet die wanindruk by die Swarte~ geskep dat die imperiale regering bulle ten koste van die verslane Boere sou bevoordeel. Dit was hoofsaaklik die geskoolde Nie-Blanke wat horn aan 'n "brutale" en "meerderwaardige" houding skuldig gemaak bet. Die volgende woorde was tipies van die Nie-Blankes wat hulleself in 'n hoer posisie geag bet as die verslane Boer: "Julle is slaven. Julle durft ons niet meer aan te raken; de Engelschen sullen ons beschermen". Hulle bet in die- bewindsaanvaarding van die Britse gesag die koms van 'n nuwe politieke bedeling vir die Nie-Blankes gesien.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

DIE POLITIEKE VERTEENWOORDIGING VAN SWART ORGANISASIESIN DIE ORANjERIVIERKOLONIE, 1900-1910. (2021). Historia, 29(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2426