DIE ONTSTAAN VAN DIE "BLANKE KORRIDOR II TUSSEN DIECISKEI EN TRANSKEI

Authors

  • J.S Bergh

Keywords:

Eastern Cape Border policies, British Caffraria, White corridors, Ciskei, German military settlers, History, Border Wars, Ceded territory, Homeland policies, Transkei, Ngqika territory

Abstract

Gedurende die laat 1970's en vroee 1980's, ten tyde van die onderhandelinge in ver-band met die konsolidasie en voorgenome onafuanklikwording van die Ciskei, is dik-wels verwys na die sogenaamde Blanke Korridor tussen die Ciskei en Transkei. Daar is toe druk bespiegel oar hoe die gebied deur konsolidasie en onafuanklikwording geraak sou word. Sommige akademici bet sterk standpunt ingeneem ten gunste van inlywing van die "Blanke Korridor" by die Ciskei, wat dorpe SODS Queenstown, King William's Town en ODs-Landen sou insluit. Hulle is gesteun deur 'n ondersoek wat deur die In-stituut vir Sosiale en Ekonomiese Navorsing van die Universiteit Rhodes gedoen is en wat bevind bet dat die Ciskei nie ekonomies lewensvatbaar sou wees sander die in- skakeling van die voorgenoemde dorpe nie. Ciskeise politici bet oak by verskeie ge-leenthede aanspraak gemaak op die "Blanke Korridor". Die hoofminister van die Ciskei, kaptein Lennox Sebe, bet onder meeT ges~ dat die onwilligheid van die Suid- Afrikaanse Regering om die gebied af te staan 'n bewys is van hul wantroue in swart Suid-Afrikaners. By 'n ander geleentheid bet hy weer die mening uitgespreek dat die grense van die "Blanke Korridor" arbitr~r is en dat die bestaan van die gebied boonop histories nie regverdigbaar is nie. Oak die Ciskeise Minister van Landbou en Bosbou bet verklaar dat die gebied en die dorpe daarin aan die Ciskei behoort. Terwyl die Ciskei sy aansprake gestel bet, bet stemme in die Transkei opgegaan dat die "Blanke Korridor", tesame met die Ciskei met die Transkei verenig moes word ten einde 'n superstaat van Xhosasprekendes te vorm.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

DIE ONTSTAAN VAN DIE "BLANKE KORRIDOR II TUSSEN DIECISKEI EN TRANSKEI. (2021). Historia, 29(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2422