Die mens in die geskiedenis
Keywords:
Unique incidence, History, Psychohistory, Psychology, Historical events, Metabletics, Accentuation principles, Interdisciplinary research methods, Coexistence principlesAbstract
Hierdie bydrae volg op die diskussie van A M Grundlingh in Hlst0ria, September 1982: "Sielkunde vir die historikus: Praktiese moontlikheid of idealistiese wensdenkery?" Daarin kom hy tot die gevolgtrekking dat sielkunde vir die historikus inderdaad, tot saver altans, blare wensdenkery is, As sielkundige kan ek sy gevolgtrekking nie bevraagteken nie. Vanuit die sielkunde kan ek tog nie besluit dat die geskiedenis ons bydraes goed moet vind en nodig her nie. Dit moet deur die geskiedenis self besluit word. Daarom net enkele opmerkings oar die artikel sander om in te gaall op die meriete van sy gevolgtrekking. Ek vind dit 'Ii goed deurdagte aanbieding. Daarin word 'n goeie deursnee verskaf van war gelewer is op die gebied psigogeskiedenis. Hy dek die veld sodanig dat dit weinig sin sal he om nag voorbeelde, war hy nie bespreek her nie, aan te haal. Die bevindinge van sielkundiges war hulle met die psigogeskiedenis besig gehou her, is oak in hoofsaak verantwoordelik en billik weergegee, sodanig dat die historikus die feite war hy gee, kan oorweeg as verteenwoordigend en feitlik getrou. Ek sou wel wou op-merk dat sielkundiges war hulle hiermee besig gehou her, byvoorbeeld E Erikson altans SODS ek hulle verstaan -nooit bedoel her om 'n bydrae tot die g~skiedskrywing te lewer nie, maar tot die sielkunde. Die historikus is natuurlik binne orde as hy beswaar aanteken teen verwringing van historiese gebeure deur so 'n paging. Dit is oak nodig vir die historikus om in ag te neem dat hierdie bydraes vanuit die psigo-analise kom, 'n rigting warbinne die sielkunde oak dikwels bevraagteken word.Downloads
Published
2021-07-07
Issue
Section
Articles
How to Cite
Die mens in die geskiedenis. (2021). Historia, 29(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2348