Die Staatkunde en die Geskiedenis

Authors

  • Francois Ackron

Keywords:

History, Political science, Politics, Interdisciplinary relationships, Historical-political relationships, Geskiedenis, Politiek, Sosiale wetenskappe, Inter-dissiplinere verhoudings, Geskiedkundige-politieke verhoudings

Abstract

Die saamgroepering en etiketering van kennis van 'n besondere aard het daartoe aanleiding gegee dat Die slegs bepaalde vakwetenskappe die lig gesien bet Die, maar ook dat skeidslyne, dikwels ten opsigte van sommige aspekte, kunsmatig tussen die vakwetenskappe getrek is. Hierdie proses was noodsaaklik, want die mens met sy beperkte werks- en begripsvermoe bet heel gou bevind dat dit veel eenvoudiger en ook lonender was om na diepte-kennis oor 'n bepaalde objek te streef as na 'n bree oppervlakkige kennis van vele verskynsels. Sonder nadele was hierdie verdeling tussen kennisterreine en ook werklikheidsterreine wat deur kundiges binne elke kennisterrein bestudeer sou word egter nie. Dit is nou eenmaal so dat denke inspanning verg en dat die mens gevolglik neig om, nadat verskynsels geetiketteer is, op grond van die etikettering in terme van stereotipes waar te neem, te redeneer en te beoordeel en om die wereld gevolglik'soos dit is, of minstens soos die waamemer dink dit was, te aanvaar. In hierdie gees is die verdeling tussen die wetenskappe ook as 'n gegewene aanvaar en is die mens as samesnoerende element in die wetenskappe gerieflikheidshalwe uit die oog verloor. Die isolasie van vakkundiges en die stryd, veral in die twintigste eeu, om die mees toepaslike metode van wetenskapsbeoefening op die bepaalde vakkundige terrein, het sekerlik veel tot hierdie situasie bygedra. Interdissiplinere kontak lei egter heel gou tot die vraag na die aard van die verhouding tussen aanverwante wetenskappe, maar nog veel belangriker, na die vraag na wat die aard van die verhouding behoort te wees.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles