Die Neo-Marxistiese historiografie oor Suid-Afrika

Authors

  • Grietjie Verhoef

Keywords:

Neo-Marxistiese historiografie, Afrikaner nasionalisme, Herinterpretasie van Suid-Afrika se Geskiedenis, Geskiedenis, History, Historical reinterpretations, Afrikaner Nasionalism, Neo-Marxistic historiography

Abstract

Ekonomiese faktore ter verklaring van 'n verskeidenheid samelewingselemente, het veral in die negentiende eeu deur die werksaamhede van ekonomiese historici na vore
begin tree. In die twintigste eeu bet die ontwaking van sosiale wetenskappe plaasgevind en is ekonomiese verklarings vir sosiale verskynsels aangebied, dikwels ook binne die histories-materialistiese verklaringsraamwerk. Na die Tweede Wereldoorlog is toenemend begin soek na die "onsigbare" strukture of prosesse onderliggend aan die optrede van groepe in plaas van indiwidue. Dit was veral die Franse Annaleskool wat bg. soeke na onderliggende strukture of onsigbare prosesse in die historiese wetenskap ingedra het. Die Annaleskool se benadering was nie noodwendig Marxisties nie, maar
afgestem op die ontdekking van sosiale "strukture" in die verlede. Daarenteen het die Franse Marxistiese antropoloe en strukturaliste teen die sestigerjare prominent in Frankryk begin word. Beide groepe het 'n relatief vaste strukturalistiese benadering tot sosiale studies en historiese navorsing. Hierdie invloed vanuit Frankryk het in Brittanje aangesluit by die opkoms van sosialistiese sosiale geskiedskrywing, waarin E P Thompson 'n groot rol gespeel het.

Downloads

Published

2021-07-07

Issue

Section

Articles