'Retro' of hermeneutiek? Die historiese metode in 'n nuwe wetenskapsbedeling

Authors

  • Johann Tempelhoff

Abstract

By geleentheid van 'n besoek aan die Verenigde State van Amerika in Oktober 1998 om 'n konferensie oor mondelinge geskiedenis by te woon, was een van die skrywer se gunsteling besoekpunte 'n koffiekroeg met die naam, SPoT COFFEE in Buffalo, New York. Die koffie was goed en ook die musiek. Tydens een besoek het 'n advertensiepamflet die aandag getrek. Dit her oor die vrystelling van die 1959-langspeelplaat, Beatsville op CD, van die digter en komponis Rod McKuen, gehandel. In 'n uiteensetting op die pamflet van McKuen se musiek, is die begrip 'retro' gebesig. Terug in Suid-Afrika is verder daarop ingegaan en bevind dat 'retro' op 'n magdom maniere gebesig word. Dit sluit in onder meer die hoofstroom van kontemporere kultuur in die vorm van die populere musiek, maar terselfdertyd ook die meer akademiese denkruimtes van die siviele ingenieurswese, fisika, kognitiewe wetenskap en die ruimtewetenskap. Wat die mensgesentreerde wetenskappe betref, word daar ook in die regte van die begrip retro in 'n regstegniese konteks gebruik gemaak

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

’Retro’ of hermeneutiek? Die historiese metode in ’n nuwe wetenskapsbedeling. (2021). Historia, 44(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2078