Om die verlede te verbeel : 'akademiese' geskiedskrywing en die historiese bewussyn

Authors

  • Lize KRIEL

Abstract

Die Desember 1997-uitgawe van History and Theory fokus op die vervaardiging van die historiese bewussyn, bedoelende 'n persoonlike bewus wees van die verlede as sodanig en 'n behoefte om ervarings te verstaan met verwysing na tyd, verandering en herinnering. Die kwessie onder bespreking in History and Theory is die uitgangspunt dat akademiese historici nie die verlede as hulle eksklusiewe domein kan opeis nie, want midde-in die samelewing waarin hulle staan, is elke gemeenskap voortdurend besig met die voorstelling, ordelling, interpretasie - step en herskep - van ''n verlede' op só 'n manier dat betekenis daaraan gegee kan word.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Om die verlede te verbeel : ’akademiese’ geskiedskrywing en die historiese bewussyn. (2021). Historia, 44(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2076