Die 90's deur die kameralens van Jan Hamman

Authors

  • Johann Tempelhoff

Abstract

"Jy kan met 'n kamera 'n storie seker veel betel vertel as in woorde. In die tyd waarin ons lewe, is mense meer visueel ingestel. Hulle kyk TV en na prente rondom hulle. Ek dink 'n prentjie steek langer in die menslike geheue vas as 'n woordelikse beskrywing," verduidelik Jan Hamman (52) hooffotograaf van die Johannesburgse dagblad, Beeld. Hy behoort te weet. Vir ruim 30 jaar is hierdie bekroonde fotograaf reeds besig om deur die lens van 'n kamera visueel verslag te lewer oor gebeure wat daagliks duisende Suid-Afrikaners daartoe in staat stel om deur middel van die koerant ingeligte menings te vorm.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles