Stellenbosch tydens die Anglo-Boereoorlog

Authors

  • Chris Venter

Abstract

Ten spyte daarvan dat Stellenbosch ver verwyderd was van die hoof-arena van die oorlogsbedrywighede gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902, is die gemeenskap daarvan, soos die gemeenskappe van elke dorp in Kaapland, deur die oorlog geraak. Alhoewel daar niks opspraakwekkends, soos 'n veldslag in die dorp of in die onmiddellike omgewing van die dorp, plaasgevind het nie, het die oorlog verdeeldheid en rassespanning in die gemeenskap veroorsaak. Die feit dat daar studente en skoliere vanuit die Transvaal en die Oranje-Vrystaat op Stellenbosch studeer het; die aanwesigheid van die Britse "remount camps", en omdat daar vir korter of langer tydperke verskeie Britse militêre afdelings gestasioneer was (Stellenbosch was 'n belangrike punt op die westelike aanvalslinie van die Britte), het tot hierdie spanning in die gemeenskap bygedra.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles